Leer Hekel Die Beginknoop Kettingsteek [Afkorting = ks] Dus 'n kettingsteek is: slaan draad om pen en trek deur lus = 1ks voltooi. Slaan draad om pen en trek deur lus = 1ks voltooi [altesaam 2ks voltooi] Dit is hoe die kettingsteek dan gemaak word. Hierdie is 'n kettingsteek strook. Verwys hierna wanneer steke gewerk word. Die kortbeen is die kortste steek en die eerste steek word dus in die 2e kettingsteek vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 8. Die halwe langbeen is effens langer en word in die 3e ks vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 7. Die langbeen is nog langer en word in die 4e ks vanaf pen gemaak, gemerk met 'n 6. Kortbeen [Afkorting = kb] Halwe Langbeen [Afkorting = hlb] Vir diegene wat swaar lees bo-oor die foto bo lees asseblief hier: Halwe langbeen stap 1: Slaan draad om pen en steek hekelpen in die derde kettingsteek vanaf pen. Wanneer jy in 'n hekelpatroon 'n halwe langbeen moet maak sal jy die hekelpen in die verlangde steek soos aangedui in patroon is steek maar omdat jy nou met 'n kettingsteek strook werk word dit in die derde kettingsteek gedoen in die begin. Slaan draad weer oor pen en trek draad deur steek. [3 lusse op pen] Slaan draad weer om pen en trek deur al 3 lusse. [1lus bly oor] Dit voltooi die halwe langbeen. Langbeen [Afkorting = lb] Dubbelslag langbeen [Afkorting = dslb] Haak draad en trek deur kettingsteek. [4 lusse op pen] 'n Dubbelslag langbeen is langer as 'n langbeen Drieslag langbeen [Afkorting = Drieslaglb] Die drieslag langbeen word presies soos die dubbelslag langbeen gemaak met slegs een verskil. Die draad word 3 keer om die pen geslaan voordat daar in die steek gewerk word. Lusse word altyd twee-twee afgewerk. Opsomming van die steke wat in die boonste afdeling behandel is. In die foto onder kan gesien word hoe die verskillende steke vertoon. Merk dat die kortbeen die kortste steek is en die drieslag die langste. Aan die regterkant van elke ry op die foto is die aantal kettingsteke wat as plaasvervanger gebruik word aan die begin van elke nuwe ry vir daardie spesifieke steek. Waar presies word hekelpen deurgesteek? Lees meer hier. Hoe word 2 langbene saam afgewerk of ook genoem saam afgeheg? In die foto links is daar begin met 'n kettingsteek ring. Nadat die ring geheg is is daar 3 kettingsteke gewerk en daarna 1 langbeen met 2 kettingsteke na die langbeen. Nou gaan daar begin word om 2 langbene saam af te werk. Gaan soos volg te werk. Slaan draad om pen,steek pen van voor deur ring, slaan draad om pen en trek draad deur ring. [3 lusse op pen] Slaan draad om pen en werk deur 2 lusse [daar is 2 lusse oor op pen] Slaan draad weer om pen en steek pen deur ring, haak die draad en trek deur ring [daar is nou 4 lusse op pen]; slaan draad om pen en werk deur 2 lusse [daar is nou 3 lusse oor op pen] Slaan draad nou om pen en trek deur al 3 die oorblywende lusse. Dit voltooi 2 saamafgehegte langbene. Die Pofsteek Krokodilsteek Springmielie Steek Die gehekelde Mossteek Die 'V' Steek Die Krapsteek "Broomstick" Steek Spykersteek Meer steke asook verskillende steek kombinasies sal mettertyd opgelaai word en sal op Facebook aangekondig word. Lekker hekel!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Stap vir stap aanwysing! Leer hoe om 'n Ouma Blokkie of Granny Square soos meer algemeen bekend staan, te hekel. Hierdie tutoriaal is spesiaal vir almal wat wil leer hekel en die Granny Square of Ouma Blokkie is ideaal vir die beginner. Volg die aanwysings en leer stap vir stap hoe om te werk te gaan. Stap 1. Hierdie heel eerste steek op jou hekelpen is 'n glipknoop en word nie getel as die eerste steek nie maar is slegs 'n beginpunt. Volg stappe 1,2 en 3 soos die instruksies op die illustrasies aan die linkerkant demonstreer. Stap 2. Die gare of wol is nou gereed op die pen en die eerste kettingsteek[ks]kan gemaak word deur die draad om die pen te slaan en deur die beginknoop te trek. Maak nou nog 4 kettingsteke.Dit gee jou 5 voltooide kettingsteke. Let op dat die hekelpen se hakie na onder wys wanneer die draad deurgetrek word. Die spanning is reg indien jy die hekelpen maklik kan deurtrek. Onthou hekel is onstpannend so moenie styf werk nie en ontspan jou hande. Sit gerieflik en geniet dit. Indien jy sukkel in die begin onthou ons het almal eens op 'n tyd ook gesukkel. Stap 3. Glipsteek [gs] in die heel eerste ks om sodoende 'n ring te vorm. Wanneer jy 'n glipsteek maak steek jy die pen in die steek, slaan die draad om die pen en trek die draad deur die steek sodat daar net een lus op jou pen oorbly. Ons wil 'n glipsteek maak in die heel eerste kettingsteek en moet die pen dus insteek reg waar ons begin het. Kyk na die fotos links om te sien presies waar hierdie glipsteek gemaak word. Dus: Steek die pen in die eerste kettingsteek, slaan die draad om pen en trek deur albei lusse op pen. Die ring is nou gereed en daar kan begin word met die heel eerste ry. Ry 1. Die eerste ry se steke word almal binne in die ring gemaak.Vroetel met jou duim en voor-vinger in die ring om seker te maak jy weet presies waar die binnekant van die ring is. Die foto aan die regterkant demonstreer hoe 'n langbeen [lb] gemaak word. Die stappe binne die ring is: Slaan die draad om pen, steek in die spasie, haak die wol en trek dit deur die ring op na bo.Daar is 3 lusse op die pen. Slaan draad weer om pen en trek deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur albei lusse. Daar is nou 1 lus op pen. Dit voltooi die eerste langbeen. Goed noudat jy weet hoe 'n langbeen gemaak word volg die instruksies. Begin met 3ks,2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks en glipsteek in die 3e ks waar jy begin het. Dit voltooi die ry. Daar is altesaam 12 bene wat getel kan word. Die eerste 3 ks dien as plaasvervanger vir die 1e lb en word altyd gemaak wanneer jy met 'n nuwe ry begin wat bestaan uit langbene. Dit lyk net soos 'n langbeen wanneer jy daarna kyk en dit is 'n manier om ook hoogte te gee vir die volgende lb wat gemaak moet word. Hierdie 3 ks word net 1 keer gemaak en altyd aan die begin van die ry. Knip die draad en werk die los drade weg deur 'n wol naald te gebruik en tussen die steke deur te weef soos op die foto aan die regterkant gewys word. Ry 2. Heg nou die wol in enige hoekspasie deur die wol om die pen te slaan en deur die spasie te trek. Maak een kettingsteek en maak 'n knoop aan die agterkant deur die kort draad te knoop met die werkende draad soos die foto links onder illustreer. Nou is jy gereed om met ry 2 te begin. Maak nog 2 ks en onthou hierdie eerste 3 ks is die plaasvervanger vir die eerste langbeen. Jy gaan nou die eerste hoekspasie werk. Maak 2lb, 2ks, 3lb in dieselfde spasie. [foto links] Maak nou 2ks en werk nou in die volgende hoekspasie weer [3lb, 2ks, 3lb] [foto links] Herhaal hierdie stappe totdat al 4 hoekspasie gewerk is. Maak weer 2ks en glipsteek in die boonste deel van die 3ks. [foto links dui aan waar die glipsteek gemaak word] Die foto links wys hoe die blokkie nou lyk nadat die glipsteek gedoen is. Sny die draad en trek deur die lus. Weef draad weg. Ry 3: Heg volgende kleur weer soos voorheen verduidelik en werk hoekspasie. Onthou 'n hoekspasie bestaan uit twee groepies wat bestaan uit [3lb,2ks,3lb], maar die heel eerste hoekspasie van enige ry bestaan altyd uit [3ks,2lb,2ks,3lb] Elke spasie tussen die hoekie bestaan uit slegs 3 lb en tussen in altyd 2ks om die groepie van 3lb te skei en 'n spasie te maak. Ry 3 lees dus as volg: Heg kleur en werk eerste hoekgroep,[2ks, 3lb in vlg sp,2ks, hoekgroep] Herhaal tot al 4 hoeke gewerk is. Eindig weer deur 'n glipsteek te maak in die boonste punt van 3ks soos vorige ry. Hierdie is die basiese patroon vir die blokkie. Jy kan dit so groot maak soos jy wil. Onthou net met elke ry gaan daar meer spasies tussen die hoeke wees. Elke spasie tussen die hoeke bestaan uit slegs 3 langbene. Na elke 3 langbene is daar altyd 2 kettingsteke om spasie te maak vir die volgende ry. Hoop die tutoriaal is duidelik genoeg sodat julle sommer dadelik kan begin met julle blokkies. Lekker hekel!
In hierdie tutoriaal wys ek hoe om die soliede vierkant te hekel. Die soliede vierkant is die ideale blokkie om te gebruik vir die Babette kombers. Daar is natuurlik ook ander alternatiewe soos om gewone "Granny Squares" te gebruik in verskillende groottes. Albei vertoon mooi maar indien jy op soek is na 'n soliede vierkant dan is hierdie die perfekte blokkie om te gebruik. Begin met 5ks en gs om ring te vorm Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 1ks, kb in 1e lb. Die rede hoekom ek net met 2 ks begin is omdat ek die ry sluit met 'n kortbeen in die 1e lb en die ks word glad nie in berekening gebring nie. Deur van hierdie tegniek gebruik te maak vertoon die blokkie perfek op alle hoeke. Die kortbeen skuif die spasie na regs sodat ek presies in die middel van my spasie kan begin werk. Sou daar begin word met 3ks veroorsaak dit dat dit effens skeef druk en maklik sigbaar is. Deur net 2ks te werk smelt dit ast' ware weg in die werk en vertoon na my mening netjieser. Ry 2: Maak 2ks en werk nou 'n lb in die sp wat reg onder die kb is, In die foto links dui die pennetjie aan waar die volgende langbeen gewerk moet word. Goed kom ons hekel verder. 1lb in elk van vlg 3lb, werk in die hoeksp 2lb,2ks,2lb, werk dan 1lb in elk van vlg 3lb, werk weer 'n hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in die laaste hoek, 2ks en gs in die 1e lb. Hoekom werk ek nou 'n gs in plaas van 'n kb soos voorheen? Ek doen dit slegs wanneer ek in die vlg ry van kleur gaan verander. Gebruik die kb tegniek wanneer jy met dieselfde kleur in die vlg ry gaan werk maar die gs tegniek wanneer jy kleur gaan verander. Jy kan natuurlik die kb tegniek deurgaans gebruik maar dit maak nie werklik 'n verskil nie. Ek gebruik gewoonlik die kb tegniek of ek nou kleur verander of nie maar ek wys albei sodat julle 'n keuse het wanneer kleure verander word. Hoekom maak dit nie 'n groot verskil wanneer ek kleure verander nie? Omdat ek dadelik my nuwe kleur in die middel van die 3ks sp kan heg. Die blokkies kan nou in enige grootte gewerk word en sal perfek vierkantig wees. Klik om te vergroot. Links is 'n foto wat aandui hoe die langbene vermeerder met elke ry tussen die hoek spasies. Hoop julle vind hierdie tutoriaal nuttig en kan gebruik maak van die tegniek wat hier gewys is. Indien jy jou blokkies op 'n ander manier doen wil ek net daarop wys dat elkeen sy eie tegniek geleer is en die een is nie noodwendig beter as 'n ander nie. Hierdie is die manier wat ek gevind het die beste eindresultaat lewer en ek verkies om dit so te doen. En ek wil dit graag met julle deel. Lekker hekel almal! ♥
Omgehekelde randjies vir lappies, kombersies, spoegdoekies, waslappe en nog baie meer! Hier is my tegniek om 'n randjie om te hekel. Dit kan gebruik word op enige materiaal want die basis ry word gedoen deur heel eerste 'n kombers steek om te werk en dan die randjie te hekel. Die kombers steek vertoon mooi en is uitstekend om te gebruik wanneer die materiaal baie dig geweef is en dit moeilik is om 'n hekelpen deurgesteek te kry. Ek gebruik Elle Crochet no 5 wat 'n sagte Akriel gare is en 'n 2mm hekelpen. Gebruik 'n skerp naald met 'n lang oog. 'Chenille' naalde is ideaal hiervoor want die gare kan maklik deur die naald se oog gesteek word. Hoe om kombers steek te werk. Eerste ry van randjie. Heg gare in enige hoek en werk begingroep: [3ks, 2lb,2ks,3lb] Afhangende van hoe vêr die komberssteke van mekaar lê word nou 1ks of 2ks gemaak. My komberssteke is naby aan mekaar dus het ek net 1ks gebruik. Daar gaan nou 'n langbeen gewerk word in elke lus van die komberssteek en tussen elke langbeen word die aantal kettingsteke gewerk wat nodig is. My patroon loop soos volg: Begin groep is gewerk en daarna [1ks,1lb,1ks,1lb] herhaal tot by volgende hoek en werk in hoekspasie [3lb,2ks,3lb] Tweede ry van randjie: Klik op foto om te vergroot. Werk 'n begingroep: [3ks,2lb,2ks,3lb] 2ks, slaan 3lb oor, kb in vlg sp, * 2ks, slaan vlg sp oor, 4lb in vlg sp, 2ks, slaan vlg sp oor, kb in vlg sp, * herhaal van * tot * tot by volgende hoek, 2ks, slaan 3lb oor en werk hoekgroep [3lb,2ks,3lb] Herhaal die stappe tot einde van rondte en gs in 3e ks. Heg af.
Hekel 'n mooi koevert hierdie Valentynsdag vir jou geliefde. Hi almal! Kersfees is al weer vergete en nou lê Valentynsdag al weer en loer om die draai. Spring sommer dadelik aan die werk en hekel hierdie jaar 'n mooi koevert vir jou kaartjie. Hierdie gehekelde koevert is 'n idee van Millie en haar blog se naam is Ruby & Custard. Met die eerste oogopslag was ek verlief op die koevert idee van haar en het haar gekontak en gevra vir toestemming om haar patroon te gebruik. Sy was baie vriendelik en het dadelik ingestem. Ek is natuurlik baie bly want ek wou dit baie graag met julle deel. Julle kan gerus gaan kyk hoe lyk haar koevert! Materiaal gebruik: Enige dubbeldraad. Ek het Vinnis Bambi gebruik wat amper die voorkoms van handgemaakte papier gee. Die rooi draad is Elle Family Knit en die blou draad is Vinnis Nikkim. Gebruik 'n 4mm hekelpen. Stukkie filt materiaal Dekoratiewe item/s soos byvoorbeeld 'n knopie of blommetjie. Klein stukkie materiaal om op te skryf. Millie het op haar koevert geborduur en indien jy dit eerder wil doen is die stukkie materiaal nie nodig nie. Afkortings gebruik: kb = kortbeen; ks = kettingsteek; gs = glipsteek Begin met 21ks. Ry 1: 1 kb in die 2e ks vanaf pen, werk nou nog 19kb,1ks en draai. Ry 2: 1kb in 1e kb, werk nog 19kb, 1ks en draai Herhaal ry 2 totdat 17 rye voltooi is, draai. Volgende ry: 2kb in 1e kb [hoek]; 1kb in elk van vlg 18kb, 2kb in laaste kb [hoek]; werk nou oor die lengte van eerste sykant 15kb, 2kb in vlg hoek, 18kb oor die lengte van die onderkant; 2kb in vlg hoek en 15kb oor die lengte van die tweede sykant, gs in 1e kb. Volgende ry: Hierdie ry word gewerk deur met wit, rooi en blou af te wissel. Werk die 1e kb in wit in dieselfde steek waar die gs gemaak is, werk dan vlg kb met rooi en vlg kb met blou. Herh die kleure in dieselfde volgorde en werk 'n ry kortbene reg rondom, gs in 1e kb en heg af. Die meegaande fotos wys hoe kleure verander word. Gebruik 'n A4 grootte papier en maak 'n patroon vir die koevert. Meet jou blokkie se maattes. My blokkie is 13cm x 10 cm dus moet die binnekant van my koevert 13cm x 10cm wees. Indien verkies kan jy 'n gekoopte koevert neem dit oopmaak en dit dan gebruik as patroon. Hekel dan jou blokkie sodat dit presies dieselfde grootte is. Sodra jy tevrede is met jou patroon, speld vas op filt en knip sorgvuldig uit. Versier die bokant van jou koevert deur gebruik te maak van borduurstekies, knope ens. Plaas dit dan bo op die filt en speld in posisie vas. Gebruik 'n skerp naald en werk die blokkie aan filt vas met oorhandsteek. Vou die onderkante na mekaar toe en werk vas. My koevert word met klein rygstekies bymekaar gehou en 'n groot kruisie wat 'n 'soentjie' voorstel in die middel gewerk. Die koevert is nou gereed en kort net 'n liefdes briefie of kaartjie en dalk is daar ook nog plek vir 'n sjokoladetjie! En daarmee groet ek eers weer tot volgende keer! Lekker hekel! ♥
Kom ons hekel 'n spiraal! Ry 1: Begin met rooi draad en maak 'n garesirkel. Maak 1ks, werk nou in ring die vlg: [1kb, 2hlb, 2lb,]. Verwyder die hekelpen uit die laaste lus van lb wat gewerk is. Neem nou die blou draad en heg draad in ring langs die laaste lb wat gewerk is en werk 1ks, 1kb, 2hlb, 2lb] Verwyder pen uit lus en trek die rooi draad se beginpunt sodat die sirkel na mekaar toe trek om 'n ring te vorm. Die steke trek na mekaar toe en sal teenoor mekaar lê soos op die foto gesien kan word. Ry 2: Plaas hekelpen terug in rooi draad en werk nou oor die blou steke soos volg: 2lb in die kb, 2lb in elk van die vlg 2hlb, 2lb in elk van vlg 2lb, verwyder pen en haak die blou draad. Werk nou met die blou oor die rooi steke soos volg: 2lb in kb, 2lb in elk van vlg 2hlb, 2lb in elk van vlg 2lb, werk nou 2lb in elk van die oorblywende rooi langbene. Verwyder die pen en neem nou weer die rooi draad. Ry 3: Werk nou weer oor die blou steke soos volg: *1lb in vlg lb, 2lb in vlg lb,* herh tot einde van ry en verwyder pen uit rooi draad. Haak weer die blou lus. Tip: [Onthou wanneer 'n patroon lees 2lb in vlg lb beteken dit vermeerder in vlg lb en daar kan ook verwys word soos volg: 2lb tes in vlg lb] Herhaal deur nou met die blou lus weer oor die rooi steke te werk. Daar word nou weer 'n herhaling gedoen tot die einde deur 1lb in vlg lb, 2lb in vlg lb te werk tot einde. Om die sirkel te voltooi neem die rooi lus en werk 1hlb in elk van vlg 2lb, 1kb in vlg lb en gs in vlg lb. Heg af. Neem die blou draad op pen en werk nou oor die rooi steke soos volg: 2lb in hlb, 1lb in vlg hlb, 2lb in vlg kb, 1lb in gs, 1lb in dieselfde sp waar die rooi draad se gs gewerk is, 1hlb in elk van vlg 3 steke, 1kb in elk van vlg 2 steke, gs in vlg steek en heg af. Indien jy jou sirkel groter wil maak word daar in elke ry geleidelik vermeerder deur elke keer een steek ekstra tussen die vermeerderings te hekel. Die rye sal dus vanaf ry 4 soos volg lees: Ry 4: [2lb, 2lb tesame in vlg lb] herhaal tot einde van ry Ry 5: [3lb, 2lb tesame in vlg lb] herhaal tot einde van ry Ry 6: [4lb, 2lb tesame in vlg lb] herhaal tot einde van ry Ry 7: [5lb, 2lb tesame in vlg lb] herhaal tot einde van ry Soos julle kan sien word een ekstra steek tussen die vermeerderings met elke ry bygewerk. Hier volg 'n paar idees oor hoe om die spiraal te gebruik in 'n ontwerp: Gebruik T- draad en hekel 'n spiraal mat. Gebruik twee verskillende teksture wol vir 'n treffende ronde kussing. 'n Lekker dik katoendraad in twee kleure sal 'n pragtige potte staander maak. Gebruik 'n dunner katoen vir vatlappies. Lekker hekel almal! ♥
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
During a photo shoot at Gate City Yarns on So. Elm St. in downtown Greensboro, I couldn’t resist the color here and the fact that they were stored nicely in one of those old antique tubs. (R…
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Hekel hierdie sak met sy basiese blokpatroon vir ’n kinderkamer Karen Adendorff Moeilikheidsgraad: * Benodigdhede…
Kry ’n bal tou en hekel vir jouself of iemand spesiaal so ’n aardse stel
Beautiful 'Crocheting Yarn Knitting' Poster Print by Christian Mueller ✓ Printed on Metal ✓ Easy Magnet Mounting ✓ Worldwide Shipping. Buy online at DISPLATE.
A free crochet pattern of covered hangers. Do you also want to crochet these covered hangers. Read more about the Free Crochet Pattern Covered Hangers.
Magnolia Square VVCAL Pages 2020 VVCAL Main Page2018 VVCAL Main Page2016 VVCAL Main Page Pin Me! Introduction Each of the VVCAL 2018 Squares were dedicated to a tree by one of the members of my Cyp…
I just finished organizing my yarn Tuesday, and I found these awesome yarn storage ideas. I thought I would share with you some Ideas/tutorials that I found. I really like all of these ideas and I hope to try all of these awesome ideas soon. Here are the sites I found these Ideas from: 1. Mini Mason Jar Yarn Dispenser 2. Wooden Clothes Pins Scrap Yarn Holder 3. Tissue Box Yarn Machine 4. Yarn Holder DIY Meanwhile, I made this simple yarn bowl yesterday. I saw a picture like this on Pinterest, so I got one of those paper clips and clipped It on the bowl, and I have a yarn bowl! **Note: I do not own any of the 4 pictures In the collage above, I am just sharing tutorials/DIY'S that I like. I do own the 5th picture by it's self.** |www.sunshinecrochetcreations.blogspot.com
Hier is ’n maklike gids vir die basiese breiafkortings | Here’s an easy guide to the basic knitting abbreviations
This post includes Afrikaans Crochet Terms which have been translated to English Crochet Terms (American Terms). We have more Afrikaans Crochet Terms available too.
Raak op dié manier van alle oorskietwol ontslae. Gebruik verskillende teksture soos katoen en bamboesdrade (van Thimbles, Quilt & Knit) saam met jou oorskietwol.
The world's largest crochet sculpture, the Lionheart project and other wonderful examples of crochetdermy by artist Shauna Richardson.
For the 11th-annual Lace Issue of PieceWork, May/June 2018, Pat Olski shares her adaptation of two timeless Irish crochet buttons to make.
Hello dear Amigurumi FollowersToday we share Amigurumi Bear Turtle Free Pattern for you. As you know we share
Save money when going zero-waste by making your own products! These DIY zero-waste products will save you money and be more eco-friendly!
Via Via A while ago, going through my "pile of probably not going to ever finish them" projects, I came upon a project I started eons ago. A cheat quilt as I used to refer to it - which today has a more sophisticated name- or so pinterest told me - and it's called quilted and crochet fusion blanket. Well, at the time, I as a very eager mother to make my firstborn a cheat quilt she was supposed to treasure forever, cut and sew laboriously pieces of her clothing she admired, of which there is a glimpse you can actually see here, and that was it. I put the pieces back into the "forgotten drawer". I didn't want to return to it - yet I might try this in the future using my vintage fabric scraps I've been jealously holding onto. So when the very first quilted / crochet blanket above appeared in my pinterest feed, it flushed back all the memories. And the desire which I hope will resist other whims my mind gets tackled with on daily basis. Until then, enjoy these beauties. Via Via Via
This is the PDF pattern for The Zero Waste Home Collection. Skill level: Beginner Included are charts and pictures with step by step instructions to help guide you in creating your own zero waste home collection. Also, recommendations on tools and materials used. Patterns: Knitted dish scrubby, 3 knitted dish cloths, 2 knitted small facial wipes. Crocheted heatproof mat, 2 crocheted dish clothes, 1 crocheted shower scrubby, 1 crocheted small facial wipe. Please feel free to ask any questions, I'd be more than happy to help!
A free crochet pattern of hanger covers. Do you also want to crochet these hanger covers? Read more about the Free Crochet Pattern Pretty Hanger Covers.
Pour laver votre vaisselle de façon durable, vous pouvez jeter l’éponge une bonne fois pour toute ! Les éponges zéro-déchet sont là pour la remplacer : le tawashi pour laver et la gratounette pour frotter. Les éponges du commerce sont souvent