Ingesluit: - 12 Werkkaarte in kleur waarop 12 klanke afsonderlik uitgebeeld word. Die volgende klanke is gedek: m,, s, v, k, t, l, r, n, w, p, g, b. - 12 Swart en wit drukkervriendelike werkkaarte was as ‘n tuisprogram gebruik kan word. - Bonus rymwerk wat deel van die tuisprogram kan vorm. - Bonus taalwerk wat deel van die tuisprogram kan vorm. Maak so: Elke werkkaart het ‘n sirkel waarop 9/10 prente is. In die middel van die sirkel is ‘n prent wat aandui watter begin-klank geteiken word. Bv as daar ‘n nes in die middel is, moet die kind al die woorde soek wat met ‘n /n/ begin. Die aktiwiteit kan op verskeie maniere gedoen word: - Knip die sirkels uit en laat die kind ‘n wasgoedpennetjie op die regte prente knyp. - Die kind rol klein balletjies klei en plak dit op die prentjies. - Die kind omkring die prent met ‘n wintbord pen (sirkel is gelamineer of in ‘n plastiek sakkie.)