Geskroeide heuning gee ’n dieper geur en heerlike dimensie aan sjokolademousse. Die heuninggeur pas goed by die bittersoet smaak van die koffie en sjokolade. ’n Mens sou dink die heuning sal die mousse te soet maak, maar dit is glad nie die geval nie. Probeer dit gerus.