Anel Bezuidenhout van Melkbosstrand se resep is dié maand ons wenner. Olie pleks van botter is die geheim. Anel vertel “Dié koffiekoek-resep kom van my oorlede skoonma, Rietjie Bezuidenhout, af. Sy was nou vir jou ’n vrou wat kon bak, hoor! Sy het altyd gesê die geheim van ’n lekker klam sjokoladekoek is om die botter met olie te vervang, en hierdie resep doen juis dit.”