’n Winterwenner wat sy eie sousie maak. Laat staan dit ’n rukkie nadat dit gebak het, dan word die sous dikker. Jy kan dit ook in klein ramekins maak en vir elkeen sy eie bakkie gee; só gaan jy 12 – 14 porsies uitkry. Ek sit suiker in om die tekstuur te verbeter, maar as jy wil, kan jy net suikerplaasvervanger gebruik.