SKAAPNEK IN DIE OOND http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/skaapnek-in-die-oond.html Skaapnek opgesny[jy kan skenkels ook byvoeg as jy wil] 2 Groot uie 4 Wortels ringe gesny 4 Aartappels gehalveer Metode Sny jou uie fyn en plaas in gesmeerde bakskottel Plaas gesnyde wortels bo-op Plaas jou skaapnek skywe bo-op Sout en peper Fyn Koljander plaas nog uie skywe bo-op jou skywe vleis Plaas jou aartappels tussen jou vleis Maak n sousie van 1 pakkie Tomato Paste 2k Hoenderaftreksel 2 e Sweet Chillie 1 e Asyn 1e Maziena Gooi dit oor jou vleis en plaas die deksel op en plaas in die oond Oond 160*C vir 2ure en dan 140*C vir so 2ure [kyk of daar genoeg sousie is anders voeg net n klein bietjie water by vir nog sous..soos ek gemaak het] Heerlik sag**Helena Kruger *10/11/2015