Lani Snyman, uitvoerende beampte verantwoordelik vir kliëntediens by Ciro, het dié resep ontwikkel. Hou Maroela Media dop vir nog unieke resepte en interessante artikels oor koffie!
Wat is die langpad see toe nou sonder lekker padkos? Tannie Poppie se padkos-resepte is perfek vir die lang, honger ure op die pad.
MILJOENERS BROSBROOD KOEKIES Ongeveer 24 blokkies Brosbrood: 125 g (¼ blok) sagte botter 75 ml (5 e) strooisuiker 250 ml (1 k) koekmeel knypie sout Karamellaag: 60 ml (4 e) botter 45ml (3 e) gouestroop 397 g (1 blik) kondensmelk 125 ml (½ k) strooisuiker Bolaag: 200 g (2 pakke) sjokolade, in blokkies gebreek 100 g (1 pak) donkersjokolade, in blokkie gebreek Stel oond op 160°C. 1 Brosbrood Room botter en strooisuiker tot liggeel. 2 Sif koekmeel en sout by en meng tot sagte deeg vorm. 3 Druk deeg op bodem van koekpan 20 cm x 20 cm groot wat met bakpoeier uitgevoer is vas. 4 Prik deeg met vurk en bak vir 20 minute. Verwyder uit oond. 5 Karamellaag Verhit bestanddele vir karamellaag oor matige hitte in dikboomkastrol tot suiker opgelos is. Roer af en toe. 6 Kook verder tot mengsel dik en goudkleurig word. Dit neem ongeveer 10 minute vandat eerste borreltjies begin vorm tot karamel reg is. 7 Skep karamelsous bo-oor broskors. Hou eenkant tot gestol. 8 Keer koekies versigtig met behulp van bakpapier uit. 9 Bolaag Smelt sjokolade teen 70%- krag in mikrogolf. Roer af en toe tot dit glad is. 10 Smeer sjokolade bo-oor karamellaag en laat eenkant tot gestol. 11 Sny kante gelyk en sny ewe groot blokkies. Bron: Maroela Media Plasing: Henriette Wessels*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/miljoeners-brosbrood-koekies.html
Doodmaklike, doodeet-lekker koekieresep
MAKLIKE DONUT RESEP
CORNIESE PASTEITJIES 500g aartappels, blokkies wortels 500g sagte vleis, in dobbelsteentjies gesny 1 medium ui - grofgekap 10ml sout 1ml peper 10ml asyn 5ml suiker 500g meelblom 250g botter (275 ml) yswater Metode: Skil die aartappels en wortels dun en sny in dobbelsteentjies. Meng met die vleis en ui en voeg sout en peper,asyn en suiker by.Maak gaar op stoof of in drukkooker en sorg dat dit nie te droog is nie. Laat afkoel. Berei `n borstertdeeg van die meelblom, botter, sout en yswater. Rol die deeg 5mm dik uit en verdeel in 8 ewegroot sirkels. Skep van die vleismengsel op die helfte van elke deegsirkel. Kwas die kante met koue water. Vou die deeg oor die vleis sodat die kante opmekaar pas. Druk die kante goed toe en rimpel om `n mooi rand te vorm. Kwas met melk of verdunde eier. Bak 200° C,15 min. Skakel die oond laer na 180° C en bak `n verdere 20 min. om te verseker dat die vulsel gaar word.Helena Kruger > http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html SNACKWICH VLEISPASTEITJIES 2X200 g Blaardeeg rolle 160ml Gaar Bees/hoender vleis klaar gegeur 50ml kaas Metode: Sny jou deeg so groot soos n sny brood of so groot soos jou snackwich is . Bestryk die een kant van jou deeg met gesmelte botter ..plaas op rooster , skep jou vulsel op en plaas die ander deel bo-op..bestryk weer met botter en braai goudbruin..[Moenie jou deeg te dun uitrol nie...] Helena baie lekker!> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html SOUS VIR VLEISPASTEIE Bestanddele: 1 & 1/2 kop Water 1 teel Bisto 1 eetl Maziena Bietjie worcestersous & tamatiesous & 1 t botter. Metode: Meng alles en kook tot jou sous dik is, net so 5min.Helena Kruger.> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html TAMATIE-EN-KAASPASTEITJIES Porsies: 14-16 Voorbereidingstyd: 10 minute Baktyd: 20 minute 2 x 200 g-rolle blaardeeg, ontdooi 1 x 410 g-blik Italiaanse geur tamatiesmoor 100 g/250 ml gerasperde Cheddarkaas 1 eier, geklits 2 ml sout 10 ml gedroogde origanum vars origanumblare vir garnering Metode: 1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer kolwyntjiepanne met botter of margarien. 2. Rol die blaardeeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit en druk sirkels uit wat groot genoeg is om in die holtes van die pan te pas. 3. Plaas die deegsirkels in die holtes van die gesmeerde panne. 4. Meng die tamatiesmoor, kaas, eier, sout en origanum en skep lepelsvol op elke deegsirkel. 5. Bak die tertjies ongeveer 20 minute lank tot ligbruin. 6. Sit louwarm voor en garneer met varsgekapte origanumblare. Variasie: Die tertjies kan ook in groter panne gebak word. Dit kan dan as ligte ete met ‘n groenslaai voorgesit word. Molly-Ann Underwood Schmidt> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Shaker Souttertjies Winnie Jordaan Hierdie is 'n maklike handtertjie met groooot verskeidenheid!! Nog 'n bonus is min skottelgoed Direk in die shaker: 125ml Melk 75ml Kookolie 200ml Koekmeel 2tl Bakpoeier Knippie Sout 2 Eiers Skud alles goed saam en gooi in gespuite klein kolwyntjie panne (grotes kan ook werk, jy kry net minder uit). Sit vulling van keuse in. Bak by 180? vir ± ½uur of tot goudbruin. Voorbeelde van vullings: Stukkies bacon, ui, pittersilie en kaas met bietjie chutney. Bullibief, ui, kaas, pittersillie en chutney Tuna, ui,kaas Net kaas Oorskiet hoender, vleis, mince etc Basies enige iets wat jy aan kan dink wat lekker gaan smaak in ’n souttertjie! Eksperimenteer en deel lekker nuwe idees. Jy kan dit ook in een groterige bak gooi en vulling op sit, bak en in blokkies sny.> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Summer sausage rolls 2 large skinless chicken breast 1 garlic clove, crushed 2 rashers bacon, thinly sliced handful of basil leaves, chopped 4 sun dried tomatoes chopped 375g pack ready-roll puff pastry flour for dusting 1 egg yolk beaten 25g sesame seeds (optional) Whizz the chicken and garlic in a processor until minced. Tip in the bacon and sun dried tomatoes and basil. Pulse for 5 secs to mix. Season well. Roll the pastry onto a floured surface and cut in half lengthways. Spread half of the chicken along the middle of one of the pastry strips. Cut into desire size. Heat oven to 180C, place rolls onto a large baking tray,Unrush with egg and sprinkle with sesame seeds. Bake 20 minutes or until golden brown. *Uncooked rolls can be frozen for up to 1months.Riana Groenewald> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Karmen Von Benecke Maak maalvleis gaar na smaak. (Nie souserig nie) Foto Karmen Von Benecke Henriette Wessels Lekker vleispasteitjies met 'n skons-tipe degie. Maak maalvlies gaar met chutney, uie ens... SKONDEEG VLEISPASTEITJIES Deeg: Klits saam: 3/4 kop melk 3/4 kop olie 2 eiers 1 kop meel 3 teel bakpoeier 1/4 teel sout 1 teel Aromat Meng alles goed saam Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg Spuit kolwyntjie pannetjies Skep lepel vol deeg onder in skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar) Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade) WENK Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet...Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik...ook sommer lekker vir 'n "snack" ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel.> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html HOENDERLEWERPASTEITJIES http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Lewer 8 pasteitjies 1 ui gekap 2 knoffelhuisies fyngedruk olie 500ml gaar hoender in stukkies gevlok 125ml hoenderlewersmeer 1 blik (400g) sampioenroomsop 60ml mayonnaise suurlemoensap, sout en peper na smaak 1 rol skilferkorsdeeg ontdooi eiergeel geklits met bietjie water Voorverhit die oond tot 200Grade C. Soteer die uie en knoffel in bietjie olie tot sag. Verwyder van die hitte. Voeg die res van die bestanddele, buiten die deeg en eiergeel by en meng goed. Geur na smaak met suurlemoensap, sout en peper. Rol die deeg effe dunner uit. Sny sirkels groot genoeg vir die holtes van 'n diep muffinpan. Smeer sowat 8 holtes en voer uit met die helfte van die deeg sirkels Skep die vulsel in en smeer die rand met eiergeel. Plaas die ander deeg sirkel bo-op en druk teen die kante vas. Verf die kors met eiergeel. Bak sowat 20min tot die deeg gaar en uitgepof is. > Bron:Huisgenoot resep Carmen Meyer Steak-bier-en-spek-pasteie Kos & onthaal Idees tydskrif Probeer dié watertand-resep – jou gaste sal beslis beïndruk wees. Genoeg vir: 6-8 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd Baktyd: 20-25 minute Oondtemperatuur: 180 °C • 10 ml sonneblomolie • 250 g strepiespek, gekap • 2 uie, gekap • 1,5 kg dikrib of stowe-steak, in klein blokkies gesny • 150 ml beesvleisaftreksel • 150 ml bier • 3 ml droë tiemie • 5 ml fyngedrukte droë brandrissies (opsioneel) • 5 ml selderysaad (of gebruik selderysout) • 50 ml mielieblom Deeg • 450 g koekmeel • 450 g witbroodmeel • 10 ml bakpoeier • 150 g kookvet (ons het Holsum gebruik), in blokkies gesny • 150 g botter, in blokkies gesny • 250 ml yskoue water • 1 eier, liggies geklits 1 Deeg Sif die mele, bakpoeier en 1 ml sout saam. Vryf die vet en botter met jou vingerpunte in. Voeg die yskoue water stadig by en meng tot die deeg ’n bol begin vorm. Voeg nog water by indien nodig. Moenie dit te veel meng nie. Bedek en sit vir drie tot vier uur in die yskas. 2 Vulsel Verhit die olie en braai die spek en uie tot die uie sag is. 3 Voeg die vleis by en roerbraai vir twee minute. Voeg die aftreksel, bier, 2 ml varsgemaalde swartpeper, tiemie, brandrissie (as jy dit gebruik) en selderysaad by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 1-11/2 uur prut of tot die vleis sag is. 4 Meng die mielieblom met ’n bietjie koue water en voeg ’n bietjie van die warm vleisaftreksel by. Roer by die vleismengsel, laat prut en roer tot verdik. 5 Wanneer jy gereed is, verdeel driekwart van die deeg in ses tot agt stukke. Rol dit uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny sirkels uit wat groot genoeg is om individuele panne te voer – dit moet groot genoeg wees sodat die deeg effens oor die kante hang. Sit die deegsirkels op ’n gevoerde bakplaat en sit vir 30 minute tot ’n uur in die yskas. Rol die res van die deeg uit en sny sirkels daaruit wat groot genoeg is om die pasteie te bedek. Sit dit ook in die yskas. 6 Smeer die pasteipanne en voer dit met die groot deegsirkels. Skep die afgekoelde vulsel daarin. Sit die kleiner deegsirkels bo-op en knyp die rande toe. Maak ’n gaatjie in die middel waardeur die stoom kan ontsnap. Verf met geklitste eier en bak vir 15 tot 20 minute of tot goudbruin. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Alida Siebert Rozaan, Hoender vulsel vir vleispasteitjies ek het nie soseer 'n resep nie, maar ek gebruik gewoonlik twee gaar hoenders, ontbeen hulle, kap 'n ui en braai dit tot bruin, maak 'n pakkie sampioen sop aan met of die water van die hoender kook of 'n koppie water, prut alles saam tot die sousie gaar is maar nie te souserig is nie. Passop vir sout bygooi, want die soppoeier is reeds sout. Mens kan ook gekapte spek saam met die uie braai as jy wil http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Hannah Frauendorf Langenhoven WARM WATER DEEG (Lekker vir vleispasteitjies) Sny 500g botter in klein blokkies in mengbak, giet 250 ml kookwater oor botter. Roer tot gesmelt. Sif 500 g (2 koppies) meelblom en 5 ml sout by mengsel. Meng goed en plaas in yskas vir 1-2 ure, selfs oornag. Rol uit en gebruik.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Dalene Brits Ons het baie jare grootmaat, dan bedoel ek soos in 100dosyn op 'n slag, pasteitjies gebak vir fondsinsameling. Ons het hierdie resep gebruik DALENE SE VLEISPASTEITJIES (Deeg) 12 k Koekmeel 2 t Sout 5 t Bakpoeier 3 Eiers 2 Eetlp Wit Asyn 750g Margarien Rasper margarien in meel, sout en bakpoeier. Voeg genoeg water by asyn om 350ml te maak en klits eiers by. Meng met meel. Bak 25 min by 230°C. Lewer 11 dosyn. Vries rou en bak soos benodig. Ons het destyds nog die 'panelite' tafels gehad in die kombuis en die hele tafel vol deeg uitgerol. Dan het ons stroke deeg in die lengte van die tafel gesny, vulsel ingesit in die hele strook en toegerol. Dan het ons 'n mosterdpoeierblikkie gebruik om die lengte af te merk sodat almal ewe lank is. Vulsel: 2 kg Maalvleis 2 kg Aartappels 2 eetl Steak & Tjops 2 tlp Sout ½ kg Gemengde groente Kook vleis gaar en droog en voeg gaar groente en aartappels by. Maak goed fyn. Ons het sommer deur die vleismeule gemaal, of as ek minder maak het ek die voedselverwerker gebruik. Ons het dan die koekiespuit gebruik om die vleis op die deeg te sit, daarom moes dit redelik fyn wees. As jy 'n teelepel gaan gebruik kan die vulsel maar growwer. wees. #koekverkopings, basaarpasteitiets, koektafels. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Riana Du Plessis SOUT DOPPIES -MET VULSEL BESTANDDELE: 250 g botter of marg 2 eiers 1 kop gerasperde kaas (ek verkies cheddar) 2.5 ml sout 10 ml bakpoeier 3 kop koekmeel METODE: klits botter, eiers en kaas goed saam, sif meel, sout en bakpoeier saam en voeg by botter mengsel en knie so bietjie VULSEL: 125 ml melk 1 eier 2 kop gerasperde kaas meng die saam dan kan jy OF 250g gesnipperde bacon, of fyngemaakte hoender, of fyngemaakte viannas of tuna bysit en meng indien verkies: bietjie rooipeper, 2 t gedroogde pietersielie, 2 t mixed herbs druk deegsirkels uit sit in pannetjies en maak vol met vulsel en strooi sommer bietjie paprika oor! whala BAK IN OOND BY 180 GRADE TOT GAAR http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Berie Smith VINNIGE VARKVLEIS-PASTEITJIES [Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Foto’s: Micky Hoyle Galery] (4 porsies – 8 pasteitjies) Verhit oond tot 180 °C. Neem 2 velle (400 g elk) broskorsdeeg en druk 8 sirkels van 9 cm uit. Voer gesmeerde standaard-muffinpan uit met sirkels. Verdeel 8 snye ham en plaas ’n stuk op elke sirkel. Druk 8 varkworsies se inhoud op ham uit. Druk 8 sirkels van 7 cm uit die res van die deeg en plaas bo-op vulsel. Druk deegrande van pasteitjies toe. Smeer met 1 geklitste eier. Druk ’n klein gaatjie bo in elke pastei. Sit in oond en bak vir 35 – 40 minute. Haal uit en laat afkoel. Sit voor saam met piccalilli, agurkies en piekeluitjies. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Judy Theunissen MINI SOUTTERTJIES http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Ek het so 5 viennas opgesny, 1 klein pakkie vars spinasie, halwe pakkie vars sampioene, 1 pakkie bacon stukkies, 8 klein murgpampoentjies, 3 butternut-wiele, 1 medium ui, halwe tub gladde maaskaas, 1 klein bakkie plain yoghurt, halwe teelepel knoffel, 3 eiers, 1 wiel feta, so 50ml melk. Ek het die murgpampoen, sampioene, bacon, ui en butternut eers elkeen apart gaargemaak. My dogtertjie het al die bestanddele per "cup" self gekies en ingesit en ek het die melk/eier/maaskaas/yoghurt mengsel ingegooi. Bak 30 min teen 180grade Koekoes Vorster Souttertjies 200ml Uie – fyn gekap 250g Bacon stukkies en ham stukkies gemeng. Braai 240ml Margarine 650ml Meel 2 L Melk 4 ½ k Kaas - gerasper 40ml Pietersielie 20ml Sout 8 Eiers 10ml Mosterdpoeier Maak witsous en meng met vleis mengsel. Skep in rou doppies en by 180g C vir ongeveer 30 min of tot gaar. (Gaar gekoopte doppies werk ook) Die rou mengsel en die gaar tert doppies kan afsonderlik gevries word. Ontdooi teen kamer temperatuur, vul en bak. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Jenny van der Westhuizen BACON & SPINACH CHEESE TARTS Eat in Magazine - Nov 2012) 1 tsp olive oil, for greasing Plain flour, for dusting 375g ready-made puff pastry. 200g spinach 200g cheese, crumbled 4 rashers back bacon,cut in half Salt and freshly ground black pepper Mixed salad, to serve. Preheat the oven to 200 degrees C, and line and grease a 28cmx35cm rectangular baking tray. Roll out the pastry on a clean surface lightly dusted with flour to a rectangle 2cm smaller on all sides than the baking tray. Cut into 8 equal squares and place, with a slight distance between them, on the tray. Lightly cook the spinach in a bowl of boiling water for 1 - 2 mins until soft, then drain. Devide the cheese between the pastry pieces, spreading it out almost to the edges. Top each tart with some spinach and a piece of bacon and season with salt and pepper. Bake for 12-15 mins, until the pastry has puffed up and the bacon is crispy. Serve 2 per person, hot or cold, with a mixed salad. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Romerige varkvleispasteitjies Kos & onthaal – Idees resep Hierdie pastei gevul met varkfilet, crème fraîche, appel en Franse mosterd is vinnig om te maak en boonop heerlik. Genoeg vir: 4-6 Oondtemperatuur: 200°C Pasteideeg • 100g koue botter, in blokkies gesny • 375ml koekmeelblom • 250ml roomkaas • 2ml sout Vulsel • 400g varkfilet, in skywe gesny • 30ml koekmeelblom • 30ml botter • 2 knoffelhuisies, fyngemaak • 250ml crème fraîche of suurroom • 15ml Franse mosterd • 125ml hoendervleis- of groente-aftreksel • 1 blik sampioene, gedreineer • 1 blik klein appeltjies, gedreineer 1 Berei die pasteideeg deur met die vingerpunte die botter by die meel in te vryf. Roer die roomkaas en sout in totdat die deeg vaskleef. Bedek die deeg met kleefplastiek en verkoel terwyl jy die vulsel berei. 2 Berei die vulsel deur meel oor die varkvleisskywe te strooi. Verhit die botter in ‘n swaarboom-braaipan en braai ‘n paar skywe varkvleis op ‘n slag bruin oor hoë hitte. Skep al die vleis terug in die pan en voeg die knoffel, crème fraîche, mosterd en hoendervleisaftreksel by. Roer ‘n paar minute lank oor matige hitte. 3 Hou vier tot ses appeltjies eenkant en sny die res in wiggies. Voeg die sampioene en die appelwiggies by die vleismengsel en laat vyf minute lank prut. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Haal van die plaat af en laat afkoel. 4 Rol die pasteideeg uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny vier tot ses deegvierkante. 5 Plaas die vierkante op ‘n gesmeerde bakplaat. Skep die koue vulsel in die middel van elke vierkant en vou die deegrande na binne bo-oor die vulsel, maar laat dit in die middle oop. Bak 30 tot 40 minute lank in ‘n verhitte oond, of totdat die pastei goud en bros is. Sit elke pastei voor met een van die appeltjies wat eenkant gehou is. Goeie garneersels Baba-appeltjies en pere met stingels is aantreklike garneersels. Sit dit as bygereg voor saam met soutgeregte wat appels bevat, koek of nagereg, of versier koek of poeding daarmee. Dit lyk ook treffend onder in glase met sjampanje of ‘n eksotiese skemerkelkie. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Dot Gerhold PIE MAKER SOUTTERTJIES 1 Koppie Meel 1 Teel. Bakpoeier 3 Viennas fyngekap Halwe koppie Cheddar kaas 1 Klein Ui 1 Teel. Vars gekapte knoffel (die wat mens in ‘n “tub” koop met die olie) Halwe Teel. Grofgemaalde swart peper Halwe Teel. Aromat 3 Eiers Halwe Koppie Melk Sif Meel en Bakpoeier saam. Klits eies en melk saam. Voeg die twee bymekaar en voeg dan die res van die bestanddele by. Bak in Pie maker (maak holtes so driekwart vol). As ‘n tandestokkie skoon uitkom is dit gaar (+- 7 minute). Maak ongeveer 30 tertjies. (Petra Pretorius se reseppie bietjie aangepas) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Petra Pretorius Vleispasteitjies rol jou deeg uit, druk 2 sirkels vir elke pastei uit, sommer onderstebo glas .. sit hulle in jou muffin pannetjies, skep jou keuse lekker maalvleis mengsel binne in, en sit die ander sirkel bo-op. Verf ook met eier bo op ...... bak ook in 180grade oond tot dit lekker bruin is. Eet lekker saam met tamatiesous Petra Pretorius Ek vat my maalvleis, 'n wortel gerasper, 'n ui fyn en speserye (s + p) dan meng ek dit goed deurmekaar. Sny dan jou deeg en sit die vulsel daarin en vou die deeg dan oor die vleismengsel. Daar waar jy hom oorvou waar hy raak aan die onderste gedeelte, verf net so bietjie melk op voor jy hom toevou, klits 1 eier en verf jou worsrolletjies .. bak dan vir so 20min 180gC. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Louis Bronwen Bekker recipe comes from Annette Human's Choice Recipes Book that I received as a birthday present in 1992 when we were still living in Secunda - now living in Oz. CURRY CRUST CHICKEN PIES - CRUST: 2 cups cake flour, 1 tbls curry powder, 2 tsps baking powder, 1/2 tsp salt, pinch cayenne pepper, 115g butter or marg, 1 cup grated cheddar cheese, 100ml iced water. FILLING: 1 chicken, 2 tbls butter or marg, 4 tbls cake flour, 1/2 tsp salt, 1/4 tsp pepper, 1 cup milk, 1 can (410g) cream of mushroom soup. METHOD: Sift flour, curry powder, baking powder, salt & cayenne pepper. Rub in the butter or marg until well mixed. Add the cheese and mix. Cut in the iced water & press mixture together to make a stiff dough. Cover & set aside. Cook chicken until done - debone & deskin and cube the meat. Make a white sauce using the butter/marg, cake flour, salt, pepper & milk. Add the mushroom soup and chicken & mix well. Allow to cool down completely. Roll the dough out thinly on a floured surface. Press out circles as follows: 15 large circles which will line a muffin pan with large, deep hollows & 15 smaller circles for lids. Line the hollows with the large circles. Spoon in the chicken filling and mositen the edge of the dough with a little water. Press the smaller circles on top and seal the pastry edges. Brush with a little milk and make a small incision in the top of each. Bake the pies for 20-25 mins at 220C until golden brown. Allow to cool for a short while in pans before removing. MAKES 15 pies. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Aartappel-en-prei-pasteitjies 2 aartappels, in blokkies gesny ’n klont botter 2 preie, in skywe gesny 2 takkies tiemie 30 ml (2 e) mosterd sout en peper 30 ml (2 e) room 500 g broskorsdeeg meel, vir bestrooi 200 g cheddarkaas 1 eier 1. Verhit die oond tot 180 ⁰C. Kook die aartappels 5 minute in kookwater. Smelt die botter in ’n pan, voeg die preie en tiemie by en kook 5 minute oor lae hitte. Dreineer die aartappels en meng dit met die preie. Meng die mosterd in en geur met sout en peper. Roer die room in en laat afkoel. 2. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny ’n sirkel uit deur ’n kleinbordjie te gebruik. Meng die kaas met die preimengsel en stapel dit in die middel van die deegsirkel op. 3. Verf om die rande met die eier, bring die rande bymekaar en knyp met jou vingers om te verseël. Plaas die pasteitjies op ’n gesmeerde bakpaat en bak 40 minute of tot goudkleurig.- Hope Malau. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html Foto *Wilna Dorfling Lekker vleispasteitjies met 'n skons-tipe degie Maak maalvlies gaar met chutney, uie ens... Deeg: Klits saam: 3/4 kop melk 3/4 kop olie 2 eiers 1 kop meel 3 teel bakpoeier 1/4 teel sout 1 teel Aromat Meng alles goed saam Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg Spuit kolwyntjie pannetjies Skep lepel vol deeg onder in skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar) Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade) Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap. Geniet...Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik...ook sommer lekker vir 'n "snack" ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel.* Henriette Wessels http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html BACON CHEDDAR POPOVERS Ingr: 1&2/3 Cups fat-free milk, 1&1/2 Cups all-purpose flour, 3 large eggs, 1tsp salt, 1/4 tsp cayenne, 1&1/2 Cups grated cheddar cheese, 1/2 Cup finely chopped scallions, (about 4), 2 tsp fresh chopped rosemary, 6 bacon strips cooked & coarsely chopped. METHOD: (1) Preheat oven to 200dC. Lightly spray a jumbo muffin pan with cooking spray. (2) Combine milk, flour, eggs, salt & cayenne in a bowl , beat well until smooth. (3) Stir 1 Cup cheese, 2/3 of the chopped bacon & scallions into the batter. Spoon 1/3 Cup fulls of batter into muffin pans. Sprinkle evenly with remaining cheese & bacon. (4) Bake popovers 15 mins. Reduce heat to 180dC & bake until golden brown for an additional 10mins. Serve hot Bron: The Kennancoo Plasing Moira Botha Dyer http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/vleis-pasteitjies-sout-tertjies.html
This treat is actually Australian, but since my grandmother's lamingtons were so delicious, I consider this a South African recipe!
ʼn Lekker bederf vir die naweek!
Resep vir anysbeskuit om saam met 'n koppie boeretroos te geniet.
KLAPPER EN VRUGTEBLOKKIES Bestanddele: 200 g botter of margarien 250 ml karamel kondensmelk 250 g glansvrugte mengsel (enige droee vrugte werk ook hier. Ek het sommer vrugtekoekmengsel gebruik, dit vir ‘n rukkie geweek in warm water en toe net effens fyner gekap) 300 g Marie beskuitjies, fyn gedruk 180 ml klapper Voer ‘n plat 18 x 28 cm pan uit met foelie en bespuit die foelie deeglik. Sprinkel ‘n bietjie van die klapper op die foelie. Meng gesmelte botter of margarien, karamel kondensmelk, vrugtemengsel en fyn Marie beskuitjies. Druk eweredig in die voorbereide pan vas. Besprinkel met klapper en verkoel tot ferm. Lig die foelie uit die pan. Sny in blokkies en geniet saam met koffie. Lewer 20 – 25 blokkies. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/klapper-en-vrugte-blokkies.html
Vakansie sonder koekies is mos nie vakansie nie. Vlakoekies is altyd ʼn wenner en perfek vir ʼn peuselhappie voor ʼn oggendstappie op die strand.
KONDENSMELK BALLETJIES Hilda Dates Steyn Crush finely 1 pk Marie Biscuits, put into a mixing bowl, and add 1 tin Condensed milk and 1 cup of fine Coconut... Mix well with a wooden spoon. Wash hands well and roll little balls...then roll in coconut. Enjoy Bietjie taai om mee te werk, so jy as jou hande nou en dan afspoel en los hande bietjie klam, Maak dit makliker om te rol. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/kondensmelk-balletjies.html Johan van Lelyveld KARAMEL-MOCCA BALLETJIES 1 blik Caramel Treat 20 ml kitskoffie korrels 200 g Mariebeskuitjies, fyn gerol 125 ml fyn klapper Meng goed, vorm balletjies en rol in ekstra klapper. Verkoel. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/kondensmelk-balletjies.html
Dit raak nou meer gereeld kouer regoor die land, met reën wat plek-plek val. Maar ons weet al uit ondervinding dat jy die koue na hartelus kan wegeet, veral met vuurwarm pannekoek.
Dié ryk en geurige koekies sal behoorlik jou mond laat water.
Moreish treat.
BOBAAS GEMMERKOEKIES
Die beste , flopvrye resep ooit, sal nooit weer ander een probeer nie… Sukses Fudge !! 400g suiker 45ml water 55ml botter 30ml gouestroop 1 blik kondensmelk 1 tl vanielje Meng die suiker en water in ‘n swaarboomkastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Maak seker dat daar geen suikerkristalle…
Vir ’n donkerder koekie met meer van ’n karamelgeur, vervang die witsuiker in dié resep met bruinsuiker.
Dis makliker as wat jy dink om hierdie tertjies te maak.
Heerlike dadelvingers om aan te peusel!
I travelled 400km all the way into the middle of the Karoo to find the perfect koeksister recipe - and I found it!
Maggie de Castro SMELT IN DIE MOND KOEKIES: http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/smelt-in-die-mond-koekies.html Bestanddele: 500g margarien 2 koppies versiersuiker 1 koppie mielieblom 1 koppie olie 5 – 6 koppies koekmeel (hangaf van hoe sag jy dit wil hê) Amandels en amandelessens (opsioneel) Metode: Room botter en suiker. Voeg olie by en meng goed. Voeg mielieblom en meel om die beurt by en meng goed. Voeg amandels en essens by. Bak by 180ºC vir 10 minute. (Corna Noval - Kuierkookklets) - Foto geleen
HELEEN SE HERTZOGGIES
A delicious recipe for Lamingtons using real chocolate, perfect to serve on Australia Day or for a school bake sale.
I made these yesterday, and they were delicious. Today, they’re to die for!!
SKUIMPIES (WENNER)
Dié outydse soet-en-sout kaaskoekies was, sover ek kan onthou, op elke verjaardag-teetafel in Doringbos se plaashuis.
Hierdie resep is veilig en maklik vir ’n kind om te volg.
Die Hertzoggie is vandag 90 jaar oud! Marie du Plooy van Bloemfontein spog met haar wen-Hertzoggies – die vanielje in die kors het die deurslag gegee
“Ons drie dogters het vakansietye help bak aan dié koekies om die koekieblikke vol te kry.”
Hierdie knewels voer ’n sjokoladesplinterkoekie tot op ’n nuwe vlak.
Die Benders van Clocolan se ma, Barbara, se piesangkoek met kondensmelkversiersel is onweerstaanbaar.
LEKKERSTE BESKUIT IN DIE LAND
ʼn Tweelaaglekkerny vol neute en vrugte wat tot 3 maande bevries kan word.
Nothing beats making your own Ginger Kisses, just like Mum used to make. These soft golden biscuits are filled with delicious homemade buttercream, baked in just 10 minutes.
One of the dearest, truest women I know is my friend, Michelle. Now only does she grace me with her friendship, but she also shares her favorite recipes. Her nephew, who was in the Boy Scouts, presented these cookies to her when he was trying to earn his cooking badge. Michelle, knowing a good thing when she sees and tastes one, quickly copied the recipe for herself and fortunately for me, made a copy for me. I cannot tell you how many times I've made these cookies or how many times I've handed out the recipe. Its simplicity belies the fact that it is a treasure. It's like shortbread with pizzazz; linzer cookies without the cookie cutters; thumbprint cookies without the thumbprint. However you want to describe them, people are wowed by how delicious they are! Jam Shortbread Squares 1 cup butter (2 sticks) (absolutely no substitutes or the shortbread won't work for you) 2 1/4 cups flour 1/2 cup sugar 1 jar (12 oz or so) jam or preserves (apricot, raspberry, strawberry, or experiment!) Preheat your oven to 350F. You'll need a 9x13 baking dish, ungreased. Soften (do not melt) the butter. Add the sugar. With a pastry fork or using two knives in a criss-cross cutting motion, combine the two ingredients. Add the flour and continue to combine in the same manner. The mixture will be very heavy and raggedy looking. That's okay; that's what you want. From this mixture, take out 3/4 cup and set aside. With your impeccably clean hands, pat the remainder of the dough into the pan. Pat up the sides to create a slight ridge around the edge as you'll want to create a border to hold in the jam. You're going to have to use some judgement here. If you pat the dough too hard, it will be like concrete; too light a hand and you'll have crumbs. Drop big spoonfuls of the jam over the crust and spread in an as even a layer as you can. It may help to slightly warm the jam in the microwave for about 15 seconds or so to help it spread more easily. Just remember to remove the cap before microwaving. Sprinkle jam layer with the reserved crumbs. Bake at 350F for 20 minutes or until the edges are a light golden brown. Allow to cool completely before cutting.
Ek het groot geword met hawermoutkoekies. Daar is iets koesterends aan so n koekie. Die probleem met dit is, as jy begin eet kan jy nie ophou nie.
JAMTERTJIES Program: Oggend op RSG 1 rol broskorsdeeg, of blaardeeg (puff pastry) appelkooskonfyt 1 eierwit 2 koppies klapper ½ koppie suiker Klits die eierwit tot amper styf en voeg klapper en suiker by. Rol die deeg dun uit en sny sirkel daarin. Sit die sirkels in die holtes van 'n kolwyntjiepan. Skep ‘n teelepel konfyt in elke holte en dan die klappermengsel bo-op. Bak dit vir 10 - 15 minute tot lekker bruin en gaar. Variasies: Suurlemoentertjies: Klits 1 blikkie kondensmelk, sap van 1 suurlemoen, 2 eiers en 2 eierwitte saam en voeg in elke holte van die pan. Melktertjies: Vul die holtes met melktertmengsel. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/jamtertjies-hertzoggies.html Hertzoggies: Kors: 250g (425ml) Koekmeelblom 5ml Bakpoeier 1ml Sout 125g Botter (Margarine), Kamertempratuur 125g (150ml) Suiker 4 Eiergele, (groot eiers) Vulsel: 50ml Fyn Appelkooskonfyt 4 eierwitte (groot eiers) 75g (100ml) Suiker 50ml Klapper 2ml Vanieljageursel Knypie sout Metode: Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter hierin tot mengsel fyn gekrummel is. Voeg suiker by en meng. Voeg eiergele by en meng tot deeg. Rol sowat 3mm dik uit en druk sirkels, 8cm in deursnee, af. Plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne. Skep 2ml konfyt in elke doppie. Klits eierwitte tot droog. Vou res van bestandele ligies daarin. Skep dessertlepelsvol op konfyt. Bak 15-20min in ‘n voorverhitte oond by 180°C. Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel. Lewer 2 dosyn koekies >Bron > Jacky Coetzee Taljaard*5/7/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/jamtertjies-hertzoggies.html
’n Gesonde happie saam met oggendtee voor werk en skool.
Brownies moet klam wees. Baie mense sal dink dis nog effens rou, maar dit is presies hoe dié lekkerte moet wees.
Lani Snyman, uitvoerende beampte verantwoordelik vir kliëntediens by Ciro, het dié resep ontwikkel. Hou Maroela Media dop vir nog unieke resepte en interessante artikels oor koffie!
In net sewe stappe kan jy hierdie maklike resep maak!
Dis 'n baie ligte en goedkoop koekie om te maak.