Goeie middag almal, Vandag wil ek met julle my patroon deel vir 'n lekker paar vingerlose handskoene. Hierdie is dieselfde patroon wat verlede jaar in die Rooi Rose verskyn het en wat ook op hulle webwerf te siene is. Ek kry egter soveel navrae vir vingerlose handskoene dat ek besluit het om 'n volledige artikel daaroor te doen en sommer die patroon vir almal beskikbaar te stel. In die foto bo kan duidelik gesien word hoe die rib gedeelte vertoon wanneer daar slegs in die agterste lusse van die kortbene gewerk word. Hier volg die instruksies vir die werk van die relieflangbeen voor asook die relieflangbeen agter. Daar word ook soms na die steek verwys as die agterom steek of die voorom steek. Die steek kan ook gebruik word vir rib effekte en verleen wonderlike tekstuur aan die hekelwerk. 'n Wonderlike steek en beslis 'n moet om te leer. 'n Relieflangbeen voor word presies gewerk soos 'n gewone langbeen met een verskil. In plaas van die hekelpen in die steek of spasie te steek word die pen van voor na agter en dan weer na die voorkant om die stammetjie van die steek gewerk. Dus: slaan draad om pen, steek pen van voorkant na agter om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die voorkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlbv. Die relieflangbeen agter is weer presies soos die rlbv met een verskil. In plaas van die hekelpen van voor na agter te steek word die pen van agter na voor en weer na agter deurgesteek om die stammetjie van die langbeen. Hierdie steek word dus aan die agterkant van die stammetjie voltooi. Dus: slaan draad om pen, steek pen van agter na voor om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die agterkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlba. Neem asseblief kennis van die korreksie op boonste aanwysings. Dit moet lees: Ry 30: [verwys na illustrasies bo vir die maak van 'n relieflangbeen agter [rlba] en relieflangbeen voor [rlbv] Hier kan die patroon duidelik gesien word. Die rlbv lê aan die voorkant en die rlba lê meer na agter. Om die handskoene te voltooi ryg 'n wolnaald met breidraad en werk naat toe van bo na onder, maar los 'n gedeelte oop vir die duim om deur te pas. Duim: Werk nou 2 rye van ongeveer 18 halwe langbene rondom duim gedeelte. [Die aantal hlb om die duim opening sal afhang van die grootte wat oop gelos is maar 18 steke gee 'n gerieflike opening. Hier is fotos van die afgelope 2 hekelklasse wat ek aangebied het by The Crafters Inn. Dit was 2 heerlike groepe en is altyd so lekker om al die dames te ontmoet. Ek dink die fotos kan beter verduidelik hoe lekker dit was. Hanlie van Tonder het al menige hekelklas van my bygewoon. Nadat sy die Tunisiese hekelkas gedoen het is hierdie 2 pragtige kussings deur haar gehekel. Ek dink dit is pragtig met die uiltjies op. Is hulle nie te dierbaar nie? So 'n oorspronklike ontwerp en die randjie wat sy omgehekel het vertoon lieflik! Dankie vir jou foto Hanlie! Cheryl van Staden, het vir my 'n foto gestuur van haar Beanie wat sy gehekel het. Sy het my patroon gebruik en is baie in haar skik met hoe dit uitgekom het. Ek dink ook haar Beanie lyk pragtig! Kyk net hoe mooi lyk dit en haar hekelwerk is so netjies! Dankie vir die deel van jou werk Cheryl! :) Dit reen alweer hier in die Kaap en is bitterkoud. Ek gaan nou eers 'n lekker koppie stomende koffie maak en wat doen mens wanneer dit koud is? Jy hekel natuurlik! :) Mooi bly almal en lekker hekel! ♥
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
In hierdie tutoriaal wys ek hoe om die soliede vierkant te hekel. Die soliede vierkant is die ideale blokkie om te gebruik vir die Babette kombers. Daar is natuurlik ook ander alternatiewe soos om gewone "Granny Squares" te gebruik in verskillende groottes. Albei vertoon mooi maar indien jy op soek is na 'n soliede vierkant dan is hierdie die perfekte blokkie om te gebruik. Begin met 5ks en gs om ring te vorm Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 1ks, kb in 1e lb. Die rede hoekom ek net met 2 ks begin is omdat ek die ry sluit met 'n kortbeen in die 1e lb en die ks word glad nie in berekening gebring nie. Deur van hierdie tegniek gebruik te maak vertoon die blokkie perfek op alle hoeke. Die kortbeen skuif die spasie na regs sodat ek presies in die middel van my spasie kan begin werk. Sou daar begin word met 3ks veroorsaak dit dat dit effens skeef druk en maklik sigbaar is. Deur net 2ks te werk smelt dit ast' ware weg in die werk en vertoon na my mening netjieser. Ry 2: Maak 2ks en werk nou 'n lb in die sp wat reg onder die kb is, In die foto links dui die pennetjie aan waar die volgende langbeen gewerk moet word. Goed kom ons hekel verder. 1lb in elk van vlg 3lb, werk in die hoeksp 2lb,2ks,2lb, werk dan 1lb in elk van vlg 3lb, werk weer 'n hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in die laaste hoek, 2ks en gs in die 1e lb. Hoekom werk ek nou 'n gs in plaas van 'n kb soos voorheen? Ek doen dit slegs wanneer ek in die vlg ry van kleur gaan verander. Gebruik die kb tegniek wanneer jy met dieselfde kleur in die vlg ry gaan werk maar die gs tegniek wanneer jy kleur gaan verander. Jy kan natuurlik die kb tegniek deurgaans gebruik maar dit maak nie werklik 'n verskil nie. Ek gebruik gewoonlik die kb tegniek of ek nou kleur verander of nie maar ek wys albei sodat julle 'n keuse het wanneer kleure verander word. Hoekom maak dit nie 'n groot verskil wanneer ek kleure verander nie? Omdat ek dadelik my nuwe kleur in die middel van die 3ks sp kan heg. Die blokkies kan nou in enige grootte gewerk word en sal perfek vierkantig wees. Klik om te vergroot. Links is 'n foto wat aandui hoe die langbene vermeerder met elke ry tussen die hoek spasies. Hoop julle vind hierdie tutoriaal nuttig en kan gebruik maak van die tegniek wat hier gewys is. Indien jy jou blokkies op 'n ander manier doen wil ek net daarop wys dat elkeen sy eie tegniek geleer is en die een is nie noodwendig beter as 'n ander nie. Hierdie is die manier wat ek gevind het die beste eindresultaat lewer en ek verkies om dit so te doen. En ek wil dit graag met julle deel. Lekker hekel almal! ♥

'n Gehekelde vadoekie of waslappie is een van daardie vinnige en maklike items wat in 'n japtrap gehekel kan word. Die vadoekie word eers klaar gehekel en dan word die strepe gehekel deur glipsteke in die oop gedeeltes op te werk. 'n Baie maklike maar pragtige vadoekie wat elke keer uniek sal wees afhangende van die kleure wat gebruik word. Kom ek wys julle hoe maklik dit is om hierdie vadoekie te hekel! Materiaal gebruik: Vinnis Nikkim en 'n 3.75mm hekelpen. 1x50g van elke kleur wat jy wil gebruik. Hier is 3 kleure gebruik. Grootte van lappie is ongeveer 30x30cm. Voordat jy begin hekel kyk na die tweede laaste foto vir die aanduiding van die verwisseling van kleure. Instruksies: Begin met 57 kettingsteke. Ry 1: 1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in vlg ks, *1ks, slaan 1ks oor, 1lb in elk van vlg 2ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 2ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 5ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in vlg ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 3ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 3ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 5ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in vlg ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in vlg ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 3ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 3ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 5ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van laaste 5ks, 3ks, draai Ry 2: 1lb in elk van vlg 4lb, 1ks, 5lb, 1ks, 3lb, 1ks, 3lb, 1ks, 1lb, 1ks, 1lb, 1ks, 5lb, 1ks,3lb, 1ks, 3lb, 1ks, 1lb, 1ks, 5lb, 1ks, 2lb, 1ks, 2lb, 1ks, 3lb, 3ks, draai. Ry 3: 1lb in vlg 2lb, 1ks, 2lb, 1ks, 2lb, 1ks, 5lb, 1ks, 1lb, 1ks, 3lb, 1ks, 3lb, 1ks, 5lb, 1ks, 1lb, 1ks, 1lb, 1ks, 3lb, 1ks, 3lb, 1ks, 5lb, 1ks, 5lb, 3ks, draai. Herhaal ry 2 en 3 deurgaans totdat die lappie 30cm lank is. [Ongeveer 30 rye of totdat dit 'n vierkant is] Nou gaan die Tartan strepe gehekel word! Al die oop spasies word gebruik vir die hekel van die strepe. Begin in een van die oop spasies en in die heel onderste blokkie by ry 1 en werk dan die glipsteke oor elke ry op tot by die laaste ry. Die draad is aan die agterkant van die werk terwyl die glipsteke aan die voorkant oor elke ry gehekel word. Die hekelpen is dus altyd aan die voorkant. Die maklikste is om die lappie mooi plat te lê terwyl gewerk word. Moet ook nie die glipsteke styf trek nie. Dit moet redelik los wees sodat dit nie die lappie inmekaar trek nie. Volg net die spanning van die rye en maak seker dat jou spanning dieselfde bly. Herhaal totdat al die oop spasies gevul is met 'n glipsteek. Werk alle los drade weg. Verwisseling van kleure. Die stappe vir die hekel van die rye is soos volg: 4 rye in wit 2 rye in khaki 1 ry in grys 2 rye in khaki Vir die glipsteke wissel die kleure af volgens eie keuse. En dit voltooi die Kamma Tartan Vadoekie! Lekker hekel julle! ♥
Die voëltjies wat op my blog se banier gesien kan word het ek seker so jaar of wat terug een dag sommer so uit my kop gesit en hekel. Ek het nooit neergeskryf wat ek gedoen het nie maar na heelwat versoeke vir die patroon het ek 'n patroon saamgestel vir julle. Ek het so bietjie verander van die oorspronklike voëltjie omdat ek nie heeltemal tevrede was nie. Hulle lyk so effens anders en ek het die snawels effens korter gemaak wat vir my mooier lyk en ek hoop dat julle hou van die eindresultaat. Die heel eerste 3 rye van die patroon is presies dieselfde as vir die voëltjies wat ek so rukkie gelede geplaas het en ek gaan dit nie weer hier illustreer nie. Gaan kyk hier na die fotos vir rye een tot drie. Die rye is soos volg: Begin met 11ks Ry 1: 1hlb in 3e ks vanaf pen, 1hlb in elk van vlg 7 ks, 5hlb in laaste ks, [moenie draai nie] Werk nou aan die teenoorgestelde kant van kettingsteek strook soos volg: werk 7hlb, 4hlb in vlg ks, gs in 2e ks Ry 2: 1ks, 1hlb in vlg hlb, 8hlb, 2hlb in elk van vlg 4hlb, 8hlb, 2hlb in elk van vlg 4hlb, gs in 1e ks Ry 3: 1ks, 1hlb in dieselfde st, 8hlb, * 2hlb in vlg hlb, 1hlb, * herh van * tot * nog 3 keer, 2hlb in vlg hlb, 8hlb, ** 2hlb in vlg hlb, 1hlb ** herh van ** tot ** nog 3 keer, gs in 1e ks Ry 4: 1ks, 1hlb in dieselfde steek, 1hlb in elk van vlg 12hlb, 2hlb in elk van vlg 10hlb, 1hlb in elk van vlg 12hlb, 2hlb in elk van vlg 9hlb, gs in 1e ks Ry 5: 3ks, 1lb in dieselfde steek. 1lb in elk van vlg 15hlb, 2lb in vlg hlb, 1lb in elk van vlg 16hlb, 2lb in vlg hlb, 1lb in elk van vlg 15hlb, 2lb in vlg hlb, 1lb in elk van vlg 14hlb, gs in 3e ks. Heg af. Vorm die kop soos volg: Vou die lyf in die helfte om die middelpunt te bepaal en tel tien steke. Gebruik wol of merkers en merk die middelste tien steke. Heg draad in die eerste gemerkte steek en werk soos volg: Ry 1: 2ks, 1hlb in dieselfde steek, 2hlb in elk van vlg 9lb, draai Ry 2: 1ks, slaan 1e hlb oor, 1hlb in vlg hlb, * 2hlb tesame * herh nog 7 keer, Heg af. Hoe werk ons 2hlb tesame: Slaan draad om pen, steek in volgende hlb, haak die draad en trek deur steek, [daar is 3 lusse op die pen] Slaan draad weer om pen en steek deur volgende steek, haak die draad en trek deur steek, [daar is nou 5 lusse op die pen] Slaan draad weer om pen en trek deur al 5 die lusse. Dit voltooi 2hlb tesame. Heg kleur vir snawel in eerste st, 1ks, en werk weer 2hlb tesame tot einde van ry. Heg af. Dit verminder die ry drasties en vorm 'n mooi snaweltjie. Gebruik watteersel, stop die lyfie lekker vol en werk vas met 'n wolnaald. Sny vlerkies uit felt en borduur 'n kombers stekie reg rondom. Werk dit met naald en gare vas en stop effentjies op met watteersel voordat dit heeltemal vas is. Hekel vier hartjies volgens die aanwysings vir die klein hartjies wat hier verduidelik is. Werk 2 hartjies aanmekaar vas, stop effens en gebruik 'n knoop aan beide kante. Hekel 'n kettingsteek strook van 40ks vir die bandjie om die nek en ryg deur. Gebruik klokkies of krale op die punte. Ek het hartvormige klokkies gebruik. Hekel dan 'n kettingsteek strook van ongeveer 120ks en ryg die voëltjies met krale tussen in. Aan die onderkant het ek 'n rooi plastiek kraal geheg. Amper vergeet ek die ogies. Werk knopies vas en plak wikkel ogies daarop vas. :) Soek 'n plekkie waar jy hulle kan hang! ♥
Blou mussie gehekel met Vinnis Nikkim katoen Grys mussie gehekel met Elle Pure Gold DK Gekleurde mussie gehekel met Elle Family Knit DK Materiaal gebruik: 1 x 100g Pure Gold Dubbeldraad in kleur Silver en 4mm hekelpen Grootte: Gemiddelde grootte vir volwassene Begin met 4ks en gs om ring te vorm Ry 1: 3ks, werk in ring die vlg * 1hlb, 1ks *; herh vanaf * tot * nog 8 keer; gs terug in 3ks sp Ry 2: 4ks, 1hlb in vlg 1ks sp; * 2ks, 1hlb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * nog 7 keer; 2ks en gs in 3ks sp [daar is 10 spasies] Ry 3: 3ks, 2lb in dieselfde sp, * 1ks, 3lb in vlg sp * herh vanaf * tot * tot einde van rondte en werk 3lb in die laaste sp, 1ks, gs in boonste punt van 3ks Ry 4: 2ks, 1hlb in elk van vlg 2lb; * 1hlb in vlg 1ks sp, 1hlb in elk van vlg 3lb * herh vanaf * tot * en wanneer jy by die laaste sp kom werk 1hlb in die 1ks sp, gs in die 2e ks Ry 5: 4ks, * 1lb tussen vlg 2hlb, 1ks * herh vanaf * tot * vir die res van die rondte en gs in die 4ks sp [Daar is 40 spasies] Ry 6: 3ks; * werk in die vlg sp soos volg: [1lb, 1ks, 1lb]; 1lb in vlg sp; * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig die ry met [1lb, 1ks, 1lb] in die laaste sp; gs in die 3ks sp Ry 7: gs in die vlg 1ks sp; 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor; 1lb in vlg lb, slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb]; herh vanaf * tot * en eindig die ry met 1lb in bo-punt van 3ks; gs in die 4ks sp Ry 8: 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor, 1lb in die vlg lb; slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb] * herh vanaf * tot * tot einde van ry en eindig met 1lb in die laaste lb, gs in die 4ks sp Ry 9 - 20: Herhaal ry 8 Ry 21: 1ks, kb in dieselfde sp; * 1ks, 1kb tussen vlg 2 lb, 1ks, 1kb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig met gs in die 1e ks. Heg af Weef alle los drade weg. Daar is ook 'n tutoriaal vir die blommetjie wat hier gekry kan word. En op 'n bitter koue en sopnat dag hier in die Kaap groet ek tot volgende keer Warm bly en lekker hekel!
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Goeie middag almal, Vandag wil ek met julle my patroon deel vir 'n lekker paar vingerlose handskoene. Hierdie is dieselfde patroon wat verlede jaar in die Rooi Rose verskyn het en wat ook op hulle webwerf te siene is. Ek kry egter soveel navrae vir vingerlose handskoene dat ek besluit het om 'n volledige artikel daaroor te doen en sommer die patroon vir almal beskikbaar te stel. In die foto bo kan duidelik gesien word hoe die rib gedeelte vertoon wanneer daar slegs in die agterste lusse van die kortbene gewerk word. Hier volg die instruksies vir die werk van die relieflangbeen voor asook die relieflangbeen agter. Daar word ook soms na die steek verwys as die agterom steek of die voorom steek. Die steek kan ook gebruik word vir rib effekte en verleen wonderlike tekstuur aan die hekelwerk. 'n Wonderlike steek en beslis 'n moet om te leer. 'n Relieflangbeen voor word presies gewerk soos 'n gewone langbeen met een verskil. In plaas van die hekelpen in die steek of spasie te steek word die pen van voor na agter en dan weer na die voorkant om die stammetjie van die steek gewerk. Dus: slaan draad om pen, steek pen van voorkant na agter om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die voorkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlbv. Die relieflangbeen agter is weer presies soos die rlbv met een verskil. In plaas van die hekelpen van voor na agter te steek word die pen van agter na voor en weer na agter deurgesteek om die stammetjie van die langbeen. Hierdie steek word dus aan die agterkant van die stammetjie voltooi. Dus: slaan draad om pen, steek pen van agter na voor om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die agterkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlba. Neem asseblief kennis van die korreksie op boonste aanwysings. Dit moet lees: Ry 30: [verwys na illustrasies bo vir die maak van 'n relieflangbeen agter [rlba] en relieflangbeen voor [rlbv] Hier kan die patroon duidelik gesien word. Die rlbv lê aan die voorkant en die rlba lê meer na agter. Om die handskoene te voltooi ryg 'n wolnaald met breidraad en werk naat toe van bo na onder, maar los 'n gedeelte oop vir die duim om deur te pas. Duim: Werk nou 2 rye van ongeveer 18 halwe langbene rondom duim gedeelte. [Die aantal hlb om die duim opening sal afhang van die grootte wat oop gelos is maar 18 steke gee 'n gerieflike opening. Hier is fotos van die afgelope 2 hekelklasse wat ek aangebied het by The Crafters Inn. Dit was 2 heerlike groepe en is altyd so lekker om al die dames te ontmoet. Ek dink die fotos kan beter verduidelik hoe lekker dit was. Hanlie van Tonder het al menige hekelklas van my bygewoon. Nadat sy die Tunisiese hekelkas gedoen het is hierdie 2 pragtige kussings deur haar gehekel. Ek dink dit is pragtig met die uiltjies op. Is hulle nie te dierbaar nie? So 'n oorspronklike ontwerp en die randjie wat sy omgehekel het vertoon lieflik! Dankie vir jou foto Hanlie! Cheryl van Staden, het vir my 'n foto gestuur van haar Beanie wat sy gehekel het. Sy het my patroon gebruik en is baie in haar skik met hoe dit uitgekom het. Ek dink ook haar Beanie lyk pragtig! Kyk net hoe mooi lyk dit en haar hekelwerk is so netjies! Dankie vir die deel van jou werk Cheryl! :) Dit reen alweer hier in die Kaap en is bitterkoud. Ek gaan nou eers 'n lekker koppie stomende koffie maak en wat doen mens wanneer dit koud is? Jy hekel natuurlik! :) Mooi bly almal en lekker hekel! ♥
'n Gehekelde vadoekie of waslappie is een van daardie vinnige en maklike items wat in 'n japtrap gehekel kan word. Die vadoekie word eers klaar gehekel en dan word die strepe gehekel deur glipsteke in die oop gedeeltes op te werk. 'n Baie maklike maar pragtige vadoekie wat elke keer uniek sal wees afhangende van die kleure wat gebruik word. Kom ek wys julle hoe maklik dit is om hierdie vadoekie te hekel! Materiaal gebruik: Vinnis Nikkim en 'n 3.75mm hekelpen. 1x50g van elke kleur wat jy wil gebruik. Hier is 3 kleure gebruik. Grootte van lappie is ongeveer 30x30cm. Voordat jy begin hekel kyk na die tweede laaste foto vir die aanduiding van die verwisseling van kleure. Instruksies: Begin met 57 kettingsteke. Ry 1: 1lb in 4e ks vanaf pen, 1lb in vlg ks, *1ks, slaan 1ks oor, 1lb in elk van vlg 2ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 2ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 5ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in vlg ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 3ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 3ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 5ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in vlg ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in vlg ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 3ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 3ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van vlg 5ks, 1ks, slaan vlg ks oor, 1lb in elk van laaste 5ks, 3ks, draai Ry 2: 1lb in elk van vlg 4lb, 1ks, 5lb, 1ks, 3lb, 1ks, 3lb, 1ks, 1lb, 1ks, 1lb, 1ks, 5lb, 1ks,3lb, 1ks, 3lb, 1ks, 1lb, 1ks, 5lb, 1ks, 2lb, 1ks, 2lb, 1ks, 3lb, 3ks, draai. Ry 3: 1lb in vlg 2lb, 1ks, 2lb, 1ks, 2lb, 1ks, 5lb, 1ks, 1lb, 1ks, 3lb, 1ks, 3lb, 1ks, 5lb, 1ks, 1lb, 1ks, 1lb, 1ks, 3lb, 1ks, 3lb, 1ks, 5lb, 1ks, 5lb, 3ks, draai. Herhaal ry 2 en 3 deurgaans totdat die lappie 30cm lank is. [Ongeveer 30 rye of totdat dit 'n vierkant is] Nou gaan die Tartan strepe gehekel word! Al die oop spasies word gebruik vir die hekel van die strepe. Begin in een van die oop spasies en in die heel onderste blokkie by ry 1 en werk dan die glipsteke oor elke ry op tot by die laaste ry. Die draad is aan die agterkant van die werk terwyl die glipsteke aan die voorkant oor elke ry gehekel word. Die hekelpen is dus altyd aan die voorkant. Die maklikste is om die lappie mooi plat te lê terwyl gewerk word. Moet ook nie die glipsteke styf trek nie. Dit moet redelik los wees sodat dit nie die lappie inmekaar trek nie. Volg net die spanning van die rye en maak seker dat jou spanning dieselfde bly. Herhaal totdat al die oop spasies gevul is met 'n glipsteek. Werk alle los drade weg. Verwisseling van kleure. Die stappe vir die hekel van die rye is soos volg: 4 rye in wit 2 rye in khaki 1 ry in grys 2 rye in khaki Vir die glipsteke wissel die kleure af volgens eie keuse. En dit voltooi die Kamma Tartan Vadoekie! Lekker hekel julle! ♥
In hierdie tutoriaal wys ek hoe om die soliede vierkant te hekel. Die soliede vierkant is die ideale blokkie om te gebruik vir die Babette kombers. Daar is natuurlik ook ander alternatiewe soos om gewone "Granny Squares" te gebruik in verskillende groottes. Albei vertoon mooi maar indien jy op soek is na 'n soliede vierkant dan is hierdie die perfekte blokkie om te gebruik. Begin met 5ks en gs om ring te vorm Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 1ks, kb in 1e lb. Die rede hoekom ek net met 2 ks begin is omdat ek die ry sluit met 'n kortbeen in die 1e lb en die ks word glad nie in berekening gebring nie. Deur van hierdie tegniek gebruik te maak vertoon die blokkie perfek op alle hoeke. Die kortbeen skuif die spasie na regs sodat ek presies in die middel van my spasie kan begin werk. Sou daar begin word met 3ks veroorsaak dit dat dit effens skeef druk en maklik sigbaar is. Deur net 2ks te werk smelt dit ast' ware weg in die werk en vertoon na my mening netjieser. Ry 2: Maak 2ks en werk nou 'n lb in die sp wat reg onder die kb is, In die foto links dui die pennetjie aan waar die volgende langbeen gewerk moet word. Goed kom ons hekel verder. 1lb in elk van vlg 3lb, werk in die hoeksp 2lb,2ks,2lb, werk dan 1lb in elk van vlg 3lb, werk weer 'n hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in die laaste hoek, 2ks en gs in die 1e lb. Hoekom werk ek nou 'n gs in plaas van 'n kb soos voorheen? Ek doen dit slegs wanneer ek in die vlg ry van kleur gaan verander. Gebruik die kb tegniek wanneer jy met dieselfde kleur in die vlg ry gaan werk maar die gs tegniek wanneer jy kleur gaan verander. Jy kan natuurlik die kb tegniek deurgaans gebruik maar dit maak nie werklik 'n verskil nie. Ek gebruik gewoonlik die kb tegniek of ek nou kleur verander of nie maar ek wys albei sodat julle 'n keuse het wanneer kleure verander word. Hoekom maak dit nie 'n groot verskil wanneer ek kleure verander nie? Omdat ek dadelik my nuwe kleur in die middel van die 3ks sp kan heg. Die blokkies kan nou in enige grootte gewerk word en sal perfek vierkantig wees. Klik om te vergroot. Links is 'n foto wat aandui hoe die langbene vermeerder met elke ry tussen die hoek spasies. Hoop julle vind hierdie tutoriaal nuttig en kan gebruik maak van die tegniek wat hier gewys is. Indien jy jou blokkies op 'n ander manier doen wil ek net daarop wys dat elkeen sy eie tegniek geleer is en die een is nie noodwendig beter as 'n ander nie. Hierdie is die manier wat ek gevind het die beste eindresultaat lewer en ek verkies om dit so te doen. En ek wil dit graag met julle deel. Lekker hekel almal! ♥
Goeie middag almal, Vandag wil ek met julle my patroon deel vir 'n lekker paar vingerlose handskoene. Hierdie is dieselfde patroon wat verlede jaar in die Rooi Rose verskyn het en wat ook op hulle webwerf te siene is. Ek kry egter soveel navrae vir vingerlose handskoene dat ek besluit het om 'n volledige artikel daaroor te doen en sommer die patroon vir almal beskikbaar te stel. In die foto bo kan duidelik gesien word hoe die rib gedeelte vertoon wanneer daar slegs in die agterste lusse van die kortbene gewerk word. Hier volg die instruksies vir die werk van die relieflangbeen voor asook die relieflangbeen agter. Daar word ook soms na die steek verwys as die agterom steek of die voorom steek. Die steek kan ook gebruik word vir rib effekte en verleen wonderlike tekstuur aan die hekelwerk. 'n Wonderlike steek en beslis 'n moet om te leer. 'n Relieflangbeen voor word presies gewerk soos 'n gewone langbeen met een verskil. In plaas van die hekelpen in die steek of spasie te steek word die pen van voor na agter en dan weer na die voorkant om die stammetjie van die steek gewerk. Dus: slaan draad om pen, steek pen van voorkant na agter om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die voorkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlbv. Die relieflangbeen agter is weer presies soos die rlbv met een verskil. In plaas van die hekelpen van voor na agter te steek word die pen van agter na voor en weer na agter deurgesteek om die stammetjie van die langbeen. Hierdie steek word dus aan die agterkant van die stammetjie voltooi. Dus: slaan draad om pen, steek pen van agter na voor om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die agterkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlba. Neem asseblief kennis van die korreksie op boonste aanwysings. Dit moet lees: Ry 30: [verwys na illustrasies bo vir die maak van 'n relieflangbeen agter [rlba] en relieflangbeen voor [rlbv] Hier kan die patroon duidelik gesien word. Die rlbv lê aan die voorkant en die rlba lê meer na agter. Om die handskoene te voltooi ryg 'n wolnaald met breidraad en werk naat toe van bo na onder, maar los 'n gedeelte oop vir die duim om deur te pas. Duim: Werk nou 2 rye van ongeveer 18 halwe langbene rondom duim gedeelte. [Die aantal hlb om die duim opening sal afhang van die grootte wat oop gelos is maar 18 steke gee 'n gerieflike opening. Hier is fotos van die afgelope 2 hekelklasse wat ek aangebied het by The Crafters Inn. Dit was 2 heerlike groepe en is altyd so lekker om al die dames te ontmoet. Ek dink die fotos kan beter verduidelik hoe lekker dit was. Hanlie van Tonder het al menige hekelklas van my bygewoon. Nadat sy die Tunisiese hekelkas gedoen het is hierdie 2 pragtige kussings deur haar gehekel. Ek dink dit is pragtig met die uiltjies op. Is hulle nie te dierbaar nie? So 'n oorspronklike ontwerp en die randjie wat sy omgehekel het vertoon lieflik! Dankie vir jou foto Hanlie! Cheryl van Staden, het vir my 'n foto gestuur van haar Beanie wat sy gehekel het. Sy het my patroon gebruik en is baie in haar skik met hoe dit uitgekom het. Ek dink ook haar Beanie lyk pragtig! Kyk net hoe mooi lyk dit en haar hekelwerk is so netjies! Dankie vir die deel van jou werk Cheryl! :) Dit reen alweer hier in die Kaap en is bitterkoud. Ek gaan nou eers 'n lekker koppie stomende koffie maak en wat doen mens wanneer dit koud is? Jy hekel natuurlik! :) Mooi bly almal en lekker hekel! ♥
Hierdie motief is een wat ek 'n jaar of wat gelede ontwerp het. Ek het besluit om dit te deel met al die lesers van Hekel Idees na verskeie versoeke ontvang is oor die ontwerp en patroon daarvan. Die motief is nie een van daardie vinnige motiewe nie en neem ook langer om te voltooi omdat die vier blomme-sirkels apart gehekel word waarna dit aanmekaar vasgewerk word. Daarna word die rand gehekel wat dan alles bymekaar bring tot een motief. Materiaal gebruik: Vinnis Colours Nikkim Dubbeldraad en 4 mm hekelpen Grootte van motief: 14 x 14cm Kleur A: Begin met 6ks en gs om ring te vorm Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 1lb, * 2ks, 2lb saam afgewerk; * herh van * tot * nog 6 keer [8 blare]; gs in bo-punt van eerste blaar. Heg af [Instruksies vir die maak van 2 saamafgewerkte lb hier] Ry 2: Kleur B: Heg kleur in enige 2ks sp, [2ks, 1hlb, 1ks, 2hlb in dieselfde sp]; werk in elk van die vlg sewe 2ks sp soos volg: [2hlb, 1ks, 2hlb]; gs in 2e ks en gs dan in die vlg 1ks sp. Heg af. Ry 3: Heg Kleur C in dieselfde 1ks sp, 1hlb in dieselfde sp, 1hlb in elk van vlg 3 hlb, draai, 1ks Ry 4: werk 4hlb, draai, 1ks Ry 5: werk 4hlb. Heg af. Hekel 4 motiewe en werk rye 3,4 en 5 ook in die 4e motief aan die teenoorgestelde kant soos op die foto gesien kan word. Die foto bo wys die plasing van die motiewe. Maak seker dat alle motiewe in die regte posisie is en ook dat elkeen se voor en verkeerde kant korrek is voordat dit vasgewerk word. Ryg 'n wolnaald met dubbeldraad en werk netjies aanmekaar vas. Nadat al 4 motiewe vasgewerk is kan die rand nou gehekel word. Rand: Heg kleur van keuse in hlb soos op foto aangedui. Nadat kleur geheg is lees die ry soos volg: 2ks, 1kb, 1hlb, 2lb, 4dslb en werk 5dslb in die hoekspasie. Herhaal op hierdie wyse tot by die einde van rondte en gs terug in 2e ks. Hieronder is 'n duidelike groooot foto wat wys hoe die steke gewerk moet word. Steke is met gekleurde kolletjies gemerk. Kortbene in blou, halwe langbene in groen, langbene in meroen en dubbelslag langbene in wit. Dit maak die lees van die steke soveel makliker en die patroon kan gevolg word met gemak. [Klik op die foto indien jy dit nog groter wil sien.] Lekker hekel!
Hekel na hartelus! Materiaal gebruik asook grootte van harte: Hart 1: Vinnis Colours Nikkim en 4mm hekelpen; 12 x 12 cm Hart 2: Elle Premier Katoen 4 Draad en 3mm hekelpen; 9 x 9 cm Hart 3: Vinnis Colours Nikkim en 4mm hekelpen; 5 x 5 cm Watteersel vir opstop van harte. Vir harte 1 en 2 volg aanwysings vir Groot Hart en vir hart 3 volg aanwysings vir Klein Hartjies. Patroon vir blommetjie nie ingesluit by hierdie patroon nie. Volg aanwyings vir Ierse Rosies patroon wat hier gekry kan word. Vir 'n drie-dimensionele hart word twee identiese dele gehekel en dan aanmekaar vasgewerk. Vul met watteersel voordat alle steke geheg word. Die harte is mooi enkel of gestop en kan versier word na keuse. Hekel 'n lang string kettingsteke en werk aan bo-punt van hart indien dit opgehang gaan word. Groot Hart Begin met 3ks, werk in die 1e ks die vlg: 1hlb, 1lb,1ks,1lb,1hlb, [Dit vorm die onderste punt van hart] Ry 1: Werk nou die vlg steke oor die reguit gedeelte soos aangedui op foto, 2ks, 1hlb, 2hlb in middelste sp [ring], 2hlb, draai Ry 2: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 3hlb, werk 2hlb in laaste steek, draai Ry 3: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 5hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 4: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 7hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 5: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 9hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 6: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 11hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 7: 2ks, 2hlb in 1e hlb, 13hlb, 2hlb in laaste steek, draai Ry 8: 2ks, 1hlb in elke hlb [17hlb]; draai Ry 9: 2ks, 17hlb, draai Ry 10: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 14hlb, slaan vlg hlb oor, hlb in laaste steek, draai Ry 11: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 6hlb, draai Werk nou slegs oor hierdie 6hlb soos volg: Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 3hlb, slaan 1hlb oor, hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 1hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek. Heg af. Voltooi nou die gedeelte aan linkerkant van hart soos volg: Vlg ry. Heg draad in vlg steek wat aan linkerkant ongewerk is en maak 2ks, werk 5hlb, slaan vlg hlb oor, 1hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 3hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek, draai Vlg ry: 2ks, slaan vlg hlb oor, werk 1hlb, slaan 1hlb oor, 1hlb in laaste steek, 1ks en werk nou 'n ry kb eweredig reg rondom die hart en in die 1ks spasie in die onderpunt van hart werk 1hlb, 1lb,1hlb. Heg af. Klein Hartjies Begin met 'n garesirkel en 2ks. [Sien hier hoe die garesirkel gemaak word] Ry 1: 3dslb, 4lb,1dslb, 4lb, 3dslb, 2ks, gs in garesirkel. Trek garesirkel styf. Onseker oor wat 'n dubbelslag langbeen is [dslb] Aanwysings kan hier gevind word. Ry 2: kb in 2ks sp, 2hlb in vlg st, 3hlb in vlg st, 2hlb in vlg st, 1hlb in elk van vlg 4st/e, werk in vlg st die vlg: [1hlb,1lb,1hlb]; 1hlb in vlg 4 st/e, 2hlb in vlg st, 3hlb in vlg st, 2hlb in vlg st, 1kb in 2ks sp, 1ks, gs terug in garesirkel, gs in vlg st Ry 3: [kb in vlg st, 2kb in vlg st] herhaal nog 2 keer; werk nou 1 kb in elk van vlg 7 st/e, 1ks, werk weer kb in elk van vlg 7 st/e; [2kb in vlg st, 1kb in vlg st] herhaal nog 2 keer; werk dan 1kb in vlg steek, gs in vlg steek. Heg af. Vinnige en maklike hartjies. Enkel of opgestop harte is altyd handig en kan oral gebruik word. Hoop julle hekel julle harte uit! Lekker hekel almal!
Goeie middag almal, Vandag wil ek met julle my patroon deel vir 'n lekker paar vingerlose handskoene. Hierdie is dieselfde patroon wat verlede jaar in die Rooi Rose verskyn het en wat ook op hulle webwerf te siene is. Ek kry egter soveel navrae vir vingerlose handskoene dat ek besluit het om 'n volledige artikel daaroor te doen en sommer die patroon vir almal beskikbaar te stel. In die foto bo kan duidelik gesien word hoe die rib gedeelte vertoon wanneer daar slegs in die agterste lusse van die kortbene gewerk word. Hier volg die instruksies vir die werk van die relieflangbeen voor asook die relieflangbeen agter. Daar word ook soms na die steek verwys as die agterom steek of die voorom steek. Die steek kan ook gebruik word vir rib effekte en verleen wonderlike tekstuur aan die hekelwerk. 'n Wonderlike steek en beslis 'n moet om te leer. 'n Relieflangbeen voor word presies gewerk soos 'n gewone langbeen met een verskil. In plaas van die hekelpen in die steek of spasie te steek word die pen van voor na agter en dan weer na die voorkant om die stammetjie van die steek gewerk. Dus: slaan draad om pen, steek pen van voorkant na agter om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die voorkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlbv. Die relieflangbeen agter is weer presies soos die rlbv met een verskil. In plaas van die hekelpen van voor na agter te steek word die pen van agter na voor en weer na agter deurgesteek om die stammetjie van die langbeen. Hierdie steek word dus aan die agterkant van die stammetjie voltooi. Dus: slaan draad om pen, steek pen van agter na voor om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die agterkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlba. Neem asseblief kennis van die korreksie op boonste aanwysings. Dit moet lees: Ry 30: [verwys na illustrasies bo vir die maak van 'n relieflangbeen agter [rlba] en relieflangbeen voor [rlbv] Hier kan die patroon duidelik gesien word. Die rlbv lê aan die voorkant en die rlba lê meer na agter. Om die handskoene te voltooi ryg 'n wolnaald met breidraad en werk naat toe van bo na onder, maar los 'n gedeelte oop vir die duim om deur te pas. Duim: Werk nou 2 rye van ongeveer 18 halwe langbene rondom duim gedeelte. [Die aantal hlb om die duim opening sal afhang van die grootte wat oop gelos is maar 18 steke gee 'n gerieflike opening. Hier is fotos van die afgelope 2 hekelklasse wat ek aangebied het by The Crafters Inn. Dit was 2 heerlike groepe en is altyd so lekker om al die dames te ontmoet. Ek dink die fotos kan beter verduidelik hoe lekker dit was. Hanlie van Tonder het al menige hekelklas van my bygewoon. Nadat sy die Tunisiese hekelkas gedoen het is hierdie 2 pragtige kussings deur haar gehekel. Ek dink dit is pragtig met die uiltjies op. Is hulle nie te dierbaar nie? So 'n oorspronklike ontwerp en die randjie wat sy omgehekel het vertoon lieflik! Dankie vir jou foto Hanlie! Cheryl van Staden, het vir my 'n foto gestuur van haar Beanie wat sy gehekel het. Sy het my patroon gebruik en is baie in haar skik met hoe dit uitgekom het. Ek dink ook haar Beanie lyk pragtig! Kyk net hoe mooi lyk dit en haar hekelwerk is so netjies! Dankie vir die deel van jou werk Cheryl! :) Dit reen alweer hier in die Kaap en is bitterkoud. Ek gaan nou eers 'n lekker koppie stomende koffie maak en wat doen mens wanneer dit koud is? Jy hekel natuurlik! :) Mooi bly almal en lekker hekel! ♥
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Crochet Fingerless Owl Mittens Free Crochet Pattern
CABRA VER PATRÓN 10933 lana marrón lana beige lana ve3rde ojos guata para el relleno ganchillo y aguja de lana
Hartjes Tas Hier een variatie op de bloementas en andere boodschappennettasjes.... https://www.crochetkingdom.com/four-crochet-lace-flower-motifs/ De flubbertjes in toer 1 heb ik niet gehaakt... Ook
In hierdie tutoriaal wys ek hoe om die soliede vierkant te hekel. Die soliede vierkant is die ideale blokkie om te gebruik vir die Babette kombers. Daar is natuurlik ook ander alternatiewe soos om gewone "Granny Squares" te gebruik in verskillende groottes. Albei vertoon mooi maar indien jy op soek is na 'n soliede vierkant dan is hierdie die perfekte blokkie om te gebruik. Begin met 5ks en gs om ring te vorm Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 1ks, kb in 1e lb. Die rede hoekom ek net met 2 ks begin is omdat ek die ry sluit met 'n kortbeen in die 1e lb en die ks word glad nie in berekening gebring nie. Deur van hierdie tegniek gebruik te maak vertoon die blokkie perfek op alle hoeke. Die kortbeen skuif die spasie na regs sodat ek presies in die middel van my spasie kan begin werk. Sou daar begin word met 3ks veroorsaak dit dat dit effens skeef druk en maklik sigbaar is. Deur net 2ks te werk smelt dit ast' ware weg in die werk en vertoon na my mening netjieser. Ry 2: Maak 2ks en werk nou 'n lb in die sp wat reg onder die kb is, In die foto links dui die pennetjie aan waar die volgende langbeen gewerk moet word. Goed kom ons hekel verder. 1lb in elk van vlg 3lb, werk in die hoeksp 2lb,2ks,2lb, werk dan 1lb in elk van vlg 3lb, werk weer 'n hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, hoeksp, 1lb in elk van vlg 3lb, 2lb in die laaste hoek, 2ks en gs in die 1e lb. Hoekom werk ek nou 'n gs in plaas van 'n kb soos voorheen? Ek doen dit slegs wanneer ek in die vlg ry van kleur gaan verander. Gebruik die kb tegniek wanneer jy met dieselfde kleur in die vlg ry gaan werk maar die gs tegniek wanneer jy kleur gaan verander. Jy kan natuurlik die kb tegniek deurgaans gebruik maar dit maak nie werklik 'n verskil nie. Ek gebruik gewoonlik die kb tegniek of ek nou kleur verander of nie maar ek wys albei sodat julle 'n keuse het wanneer kleure verander word. Hoekom maak dit nie 'n groot verskil wanneer ek kleure verander nie? Omdat ek dadelik my nuwe kleur in die middel van die 3ks sp kan heg. Die blokkies kan nou in enige grootte gewerk word en sal perfek vierkantig wees. Klik om te vergroot. Links is 'n foto wat aandui hoe die langbene vermeerder met elke ry tussen die hoek spasies. Hoop julle vind hierdie tutoriaal nuttig en kan gebruik maak van die tegniek wat hier gewys is. Indien jy jou blokkies op 'n ander manier doen wil ek net daarop wys dat elkeen sy eie tegniek geleer is en die een is nie noodwendig beter as 'n ander nie. Hierdie is die manier wat ek gevind het die beste eindresultaat lewer en ek verkies om dit so te doen. En ek wil dit graag met julle deel. Lekker hekel almal! ♥
You will find here free crochet rainbow hat patterns for all from kids to adults and you will see that your kids and beloved ones feel so much special.
SIMBA (EL REY LEON) LION | LÉON | LEONE | LEÃO | ЛЕОН | 萊昂 VER PATRÓN 9482 lana negra lana amarilla lana naranja lana ...
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
hekel idees, hekel patrone, afrikaans hekel, hekel, crochet, crochet patterns, crochet in afrikaans, crochet inspiration, hekel inspirasie
Die African Flower is een van die gewildste seshoek motiewe in die hekel gemeenskap. Sover my kennis strek is die ontwerpers van die patroon Lounette Fourie en Anita Rossouw. Ek het hierdie tutoriaal saamgestel vir almal wat graag wil leer hoe om hierdie pragtige blommetjie blokkie te doen. Kleur A: Begin met 6ks en gs in 1e ks om ring te vorm. Ry 1: 4ks, werk nou in ring die vlg: [2lb,1ks] herh nog 4 keer, werk dan 1lb en gs in die 3e ks. Heg af. Ry 2: Heg Kleur B in vlg 1ks sp, 3ks, werk nou in dieselfde sp 1lb,1ks,2lb; werk dan in elke oorblywende 1ks sp die vlg: [2lb,1ks,2lb] en gs in die 3e ks. Ry 3: Glipsteek oor die vlg lb tot binne in die vlg 1ks sp, 3ks, werk in dieselfde sp nog 6lb, werk nou in die vlg 1ks sp en elke oorblywende sp 7lb, gs in 3e ks, Knip draad en heg Kleur C. Ry 4: 1ks, 1kb in elk van vlg 6lb, 1lb gewerk oor die 3e ry en in die 2e ry se sp tussen 2 groepe, * 1kb in elk van vlg 7lb, 1lb in sp tussen 2 groepe; * herh van * tot * nog 4 keer, gs in 1e ks. Knip draad en heg Kleur D. Ry 5: 3ks, 1lb in elk van vlg 2kb, * werk in vlg kb [1lb,1ks,1lb]; 1lb in elk van vlg 3kb, 1lb in vlg lb [dit is die langbeen wat oor 2 vorige rye gewerk is]; 1lb in elk van vlg 3kb, * herh van * tot * nog 4 keer, werk in vlg kb [1lb,1ks,1lb]; 1lb in elk van vlg 3kb, 1lb in vlg lb, gs in 3e ks. Heg af.
Stap vir stap aanwysing! Leer hoe om 'n Ouma Blokkie of Granny Square soos meer algemeen bekend staan, te hekel. Hierdie tutoriaal is spesiaal vir almal wat wil leer hekel en die Granny Square of Ouma Blokkie is ideaal vir die beginner. Volg die aanwysings en leer stap vir stap hoe om te werk te gaan. Stap 1. Hierdie heel eerste steek op jou hekelpen is 'n glipknoop en word nie getel as die eerste steek nie maar is slegs 'n beginpunt. Volg stappe 1,2 en 3 soos die instruksies op die illustrasies aan die linkerkant demonstreer. Stap 2. Die gare of wol is nou gereed op die pen en die eerste kettingsteek[ks]kan gemaak word deur die draad om die pen te slaan en deur die beginknoop te trek. Maak nou nog 4 kettingsteke.Dit gee jou 5 voltooide kettingsteke. Let op dat die hekelpen se hakie na onder wys wanneer die draad deurgetrek word. Die spanning is reg indien jy die hekelpen maklik kan deurtrek. Onthou hekel is onstpannend so moenie styf werk nie en ontspan jou hande. Sit gerieflik en geniet dit. Indien jy sukkel in die begin onthou ons het almal eens op 'n tyd ook gesukkel. Stap 3. Glipsteek [gs] in die heel eerste ks om sodoende 'n ring te vorm. Wanneer jy 'n glipsteek maak steek jy die pen in die steek, slaan die draad om die pen en trek die draad deur die steek sodat daar net een lus op jou pen oorbly. Ons wil 'n glipsteek maak in die heel eerste kettingsteek en moet die pen dus insteek reg waar ons begin het. Kyk na die fotos links om te sien presies waar hierdie glipsteek gemaak word. Dus: Steek die pen in die eerste kettingsteek, slaan die draad om pen en trek deur albei lusse op pen. Die ring is nou gereed en daar kan begin word met die heel eerste ry. Ry 1. Die eerste ry se steke word almal binne in die ring gemaak.Vroetel met jou duim en voor-vinger in die ring om seker te maak jy weet presies waar die binnekant van die ring is. Die foto aan die regterkant demonstreer hoe 'n langbeen [lb] gemaak word. Die stappe binne die ring is: Slaan die draad om pen, steek in die spasie, haak die wol en trek dit deur die ring op na bo.Daar is 3 lusse op die pen. Slaan draad weer om pen en trek deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur albei lusse. Daar is nou 1 lus op pen. Dit voltooi die eerste langbeen. Goed noudat jy weet hoe 'n langbeen gemaak word volg die instruksies. Begin met 3ks,2lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks, 3lb, 2ks en glipsteek in die 3e ks waar jy begin het. Dit voltooi die ry. Daar is altesaam 12 bene wat getel kan word. Die eerste 3 ks dien as plaasvervanger vir die 1e lb en word altyd gemaak wanneer jy met 'n nuwe ry begin wat bestaan uit langbene. Dit lyk net soos 'n langbeen wanneer jy daarna kyk en dit is 'n manier om ook hoogte te gee vir die volgende lb wat gemaak moet word. Hierdie 3 ks word net 1 keer gemaak en altyd aan die begin van die ry. Knip die draad en werk die los drade weg deur 'n wol naald te gebruik en tussen die steke deur te weef soos op die foto aan die regterkant gewys word. Ry 2. Heg nou die wol in enige hoekspasie deur die wol om die pen te slaan en deur die spasie te trek. Maak een kettingsteek en maak 'n knoop aan die agterkant deur die kort draad te knoop met die werkende draad soos die foto links onder illustreer. Nou is jy gereed om met ry 2 te begin. Maak nog 2 ks en onthou hierdie eerste 3 ks is die plaasvervanger vir die eerste langbeen. Jy gaan nou die eerste hoekspasie werk. Maak 2lb, 2ks, 3lb in dieselfde spasie. [foto links] Maak nou 2ks en werk nou in die volgende hoekspasie weer [3lb, 2ks, 3lb] [foto links] Herhaal hierdie stappe totdat al 4 hoekspasie gewerk is. Maak weer 2ks en glipsteek in die boonste deel van die 3ks. [foto links dui aan waar die glipsteek gemaak word] Die foto links wys hoe die blokkie nou lyk nadat die glipsteek gedoen is. Sny die draad en trek deur die lus. Weef draad weg. Ry 3: Heg volgende kleur weer soos voorheen verduidelik en werk hoekspasie. Onthou 'n hoekspasie bestaan uit twee groepies wat bestaan uit [3lb,2ks,3lb], maar die heel eerste hoekspasie van enige ry bestaan altyd uit [3ks,2lb,2ks,3lb] Elke spasie tussen die hoekie bestaan uit slegs 3 lb en tussen in altyd 2ks om die groepie van 3lb te skei en 'n spasie te maak. Ry 3 lees dus as volg: Heg kleur en werk eerste hoekgroep,[2ks, 3lb in vlg sp,2ks, hoekgroep] Herhaal tot al 4 hoeke gewerk is. Eindig weer deur 'n glipsteek te maak in die boonste punt van 3ks soos vorige ry. Hierdie is die basiese patroon vir die blokkie. Jy kan dit so groot maak soos jy wil. Onthou net met elke ry gaan daar meer spasies tussen die hoeke wees. Elke spasie tussen die hoeke bestaan uit slegs 3 langbene. Na elke 3 langbene is daar altyd 2 kettingsteke om spasie te maak vir die volgende ry. Hoop die tutoriaal is duidelik genoeg sodat julle sommer dadelik kan begin met julle blokkies. Lekker hekel!
You will find here an easy and free Crochet Pattern Elephant Applique. It is the perfect addition to a baby blanket for instance!
Hekel hierdie mooi Marokkaanse blokke saam met Vrouekeur en Karen Adendorff
Hierdie motief is een wat ek 'n jaar of wat gelede ontwerp het. Ek het besluit om dit te deel met al die lesers van Hekel Idees na verskeie versoeke ontvang is oor die ontwerp en patroon daarvan. Die motief is nie een van daardie vinnige motiewe nie en neem ook langer om te voltooi omdat die vier blomme-sirkels apart gehekel word waarna dit aanmekaar vasgewerk word. Daarna word die rand gehekel wat dan alles bymekaar bring tot een motief. Materiaal gebruik: Vinnis Colours Nikkim Dubbeldraad en 4 mm hekelpen Grootte van motief: 14 x 14cm Kleur A: Begin met 6ks en gs om ring te vorm Ry 1: Werk in ring die vlg: 2ks, 1lb, * 2ks, 2lb saam afgewerk; * herh van * tot * nog 6 keer [8 blare]; gs in bo-punt van eerste blaar. Heg af [Instruksies vir die maak van 2 saamafgewerkte lb hier] Ry 2: Kleur B: Heg kleur in enige 2ks sp, [2ks, 1hlb, 1ks, 2hlb in dieselfde sp]; werk in elk van die vlg sewe 2ks sp soos volg: [2hlb, 1ks, 2hlb]; gs in 2e ks en gs dan in die vlg 1ks sp. Heg af. Ry 3: Heg Kleur C in dieselfde 1ks sp, 1hlb in dieselfde sp, 1hlb in elk van vlg 3 hlb, draai, 1ks Ry 4: werk 4hlb, draai, 1ks Ry 5: werk 4hlb. Heg af. Hekel 4 motiewe en werk rye 3,4 en 5 ook in die 4e motief aan die teenoorgestelde kant soos op die foto gesien kan word. Die foto bo wys die plasing van die motiewe. Maak seker dat alle motiewe in die regte posisie is en ook dat elkeen se voor en verkeerde kant korrek is voordat dit vasgewerk word. Ryg 'n wolnaald met dubbeldraad en werk netjies aanmekaar vas. Nadat al 4 motiewe vasgewerk is kan die rand nou gehekel word. Rand: Heg kleur van keuse in hlb soos op foto aangedui. Nadat kleur geheg is lees die ry soos volg: 2ks, 1kb, 1hlb, 2lb, 4dslb en werk 5dslb in die hoekspasie. Herhaal op hierdie wyse tot by die einde van rondte en gs terug in 2e ks. Hieronder is 'n duidelike groooot foto wat wys hoe die steke gewerk moet word. Steke is met gekleurde kolletjies gemerk. Kortbene in blou, halwe langbene in groen, langbene in meroen en dubbelslag langbene in wit. Dit maak die lees van die steke soveel makliker en die patroon kan gevolg word met gemak. [Klik op die foto indien jy dit nog groter wil sien.] Lekker hekel!
Begin dit jaar stonden op Blij dat ik brei tashengsels. Die zijn afkomstig van een Braziliaans blog van Roberta. Als ik patrone gebruik van het internet print ik tegenwoordig niets meer uit. Ik download het patroon op mijn iPad en ga aan de slag als ik tijd en zin heb. Helaas blijkt deze blog niet tablet vriendelijk. Door de vele gadgets kan die niet goed worden gedownload op een tablet. Ik heb toen het patroon op mijn laptop gezet. Aangezien ik toch bezig was heb ik het toen ook maar gelijk vertaald. Hier komt ie: Deel 1, De hengsels Haak een ketting van 140 lossen. Dit is ongeveer 90 cm. Haak in deze ketting 4 toeren vasten. Sla de gehaakte rand in de lengterichting dubbel. Naai debeide lange kanten van punt naar punt met onzichtbare steekjes aan elkaar. Nu ziet het er zo uit: Naai dan de beide korte kanten met onzichtbare steekjes aanelkaar. Versterk eventueel eerst het hengsel door een stevige draad doorde koker te rijgen: Deel 2, Beschermlus Haak een ketting van 35 lossen, dit is ongeveer 20 cm. Haak op de ketting 8 toeren v. Pak nu de hengsels van deel 1. Naai het tweede deel in delengterichting rond de tashengsels, zoals op de foto. Naai met onzichtbaresteekjes. De hengsels zien er nu zo uit: Deel 3, De bevestigingspunten: Haak een ketting van 3 lossen 1e toer: 3v 2e toer: 4v 3e toer: 5 v 4e toer: 6 v 5e t/m 16e toer: 6 v 17e toer: 5 v 18e toer: 4 v 19e toer; 3 v Naai de hengsels met de bevestigingspunten aan de tas. Degrootte van deze punten kan worden aangepast. Dit hangt van uw smaak af. Bepaalde plaats waar de hengsels aan de tas moeten komen. Naai de bevestigingspunten met de hengsels er tussen vast. Liever een PDF bestandje? Laat dan een berichtje achter. Voor anonieme reacties: vermeld ook je e-mailadres.
Patroon Boekenlegger Giraffe Benodigheden: Catania geel 208 Catania bruin 157 Haaknaald 3 Restjes vilt Textiellijm Vulmateriaal v = vaste Lijf: Begin met geel. Haak 13 lossen. 1 Begin in de 2e losse vanaf de haaknaald. Haak 12 vasten. 2 2 v in v, 11 v (=13) 3 2 v in v, 12 v (=14) 4 2 v in v, 13 v (=15) 5 2 v in v, 14 v (=16) 6 2 v in v, 15 v (=17) 7 2 v in v, 16 v (=18) 8 2 v in v, 17 v (=19) 9 2 v in v, 18 v (=20) 10 2 v in v, 19 v (=21) 11 2 v in v, 20 v (=22) 12 t/m 17 1 vaste in elke vaste (=22) 18 2 v samenhaken, 20 v (=21) 19 1 vaste in elke vaste (=21) 20 19 v, 2 v samenhaken (=20) 21 1 vaste in elke vaste (=20) 22 2 v samenhaken, 18 v (=19) 23 1 vaste in elke vaste (=19) 24 17 v, 2 v samenhaken (=18) 25 1 vaste in elke vaste (=18) 26 2 v samenhaken, 16 v (=17) 27 1 vaste in elke vaste (=17) 28 15 v, 2 v samenhaken (=16) 29 1 vaste in elke vaste (=16) 30 2 v samenhaken, 14 v (=15) 31 1 vaste in elke vaste (=15) 32 13 v, 2 v samenhaken (=14) 33 1 vaste in elke vaste (=14) 34 2 v samenhaken, 12 v (=13) 35 2 v samenhaken, 11 v (=12) 36 2 v samenhaken, 10 v (=11) 37 2 v samenhaken, 9 v (=10) 38 2 v samenhaken, 8 v (=9) 39 2 v samenhaken, 7 v (=8) 40 t/m 57 1 vaste in elke vaste (=8) Haak een toer vasten om het hele haakwerk. Hecht af. Kop: Begin met bruin. Haak 6 lossen. 1 Begin in de 2e losse vanaf je haaknaald. Haak 4 vasten en in de laatste losse haak je 2 vasten. Ga verder aan de onderkant van de lossen: Haak 4 vasten en in de laatste losse haak je 2 vasten (=12) 2 *1 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=18) 3 *2 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=24) 4 *3 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=30) 5 1 vaste in elke vaste (=30) 6 *4 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=36) 7 t/m 11 1 vaste in elke vaste (=36) Wissel nu naar geel. 12 t/m 18 1 vaste in elke vaste (=36) 19 2 v samenhaken, 16 v, 2 v samenhaken, 16 v (=34) 20 1 vaste in elke vaste (=34) 21 2 v samenhaken, 15 v, 2 v samenhaken, 15 v (=32) 22 1 vaste in elke vaste (=32) 23 2 v samenhaken, 14 v, 2 v samenhaken, 14 v (=30) 24 1 vaste in elke vaste (=30) 25 *8 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=27) 26 *7 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=24) 27 *6 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=21) 28 *5 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=18) Vul met vulmateriaal. 29 *4 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=15) 30 *3 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=12) 31 *2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=6) Hecht af. Oren: Geel Begin met een magic ring. 1 6 vasten in de magic ring (=6) 2 *1 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=9) 3 *2 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=12) 4 *3 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=15) 5 t/m 9 1 vaste in elke vaste (=15) 10 *3 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=12) 111 vaste in elke vaste (=12) 12 *2 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=9) 13 1 vaste in elke vaste (=9) Hecht af, laat een stuk garen hangen om de oren aan de kop te naaien. Hoorntjes: Bruin Begin met een magic ring. 1 4 vasten in de magic ring (=4) 2 2 vasten in elke vaste (=8) 3 *1 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=12) 4 1 vaste in elke vaste (=12) 5 *1 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=8) 6 *2 v, 2 v samenhaken*, herhaal van * tot * (=6) 7 t/m 9 1 vaste in elke vaste (=6) Hecht af, laat een stuk garen hangen om de hoorntjes aan de kop te naaien. Ogen: Bruin Begin met een magic ring. 1 6 vasten inde magic ring (=6) 2 2 vasten in elke vaste (=12) 3 *1 v, 2 v in volgende v*, herhaal van * tot * (=18) Hecht af, laat eventueel een stuk garen hangen om de oogjes op de kop te naaien. Je kunt ze er ook opplakken met textiellijm. Knip oogjes uit van vilt en plak deze met de textiellijm op de gehaakte oogjes. Naai of plak de oogjes op de kop. Naai de oren en de hoorntjes op de kop. Borduur de neusgaten. Armen: Geel 2x 1 Hecht aan en haak 4 vasten, 1 keerlosse (=4) 2 Keer je werk, 4 vasten, 1 keerlosse (=4) Herhaal toer 2 8x Ga verder met bruin 1 4 vasten, 1 keerlosse (=4) 2 4 vasten, 1 keerlosse (=4) 3 2 vasten in elke vaste (=8) Hecht af Benen: Geel 2x 1 Hecht aan en haak 5 vasten, 1 keerlosse (=5) 2 Keer je werk, 5 vasten, 1 keerlosse (=5) Herhaal toer 2 9x Ga verder met bruin 1 5 vasten, 1 keerlosse (=5) 2 5 vasten, 1 keerlosse (=5) 3 2 vasten in elke vaste (=10) Hecht af Stippen: Bruin Kleine stip: Begin met een magic ring. 1 6 vasten in de magic ring (=6) 2 2 vasten in elke vaste (=12) Hecht af Grote stip: Begin met een magic ring 1 6 vasten in de magic ring (=6) 2 3x (2 vasten in elke vaste), 3x (2 halve stokjes in elke vaste) (=12) 3 3x (1 v, 2 v in volgende v), 3x (1 half stokje, 2 halve stokjes in volgend half stokje) (=18) Hecht af Naai de stippen op het lijf. Haak of naai het hoofd vast aan het lijf. Publicatie van dit patroon op internet of ergens anders mag niet. Je mag natuurlijk wel altijd teruglinken naar mijn blog!! Liefs van Renate https://www.facebook.com/renatehakenenzo http://www.pinterest.com/RenateKleijnen/renates-haken-en-zo/
Gebreide patroon - gratis Handskoen met duim Vingerlose handskoen Handskoen met Duim Stel 41 steke op met 4mm naalde (indien jy ...